Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Hoërskool Randburg

Die keuse van 'n skool is 'n integrale deel van die geleenthede wat elke ouer sy kind wil gee. Daar is noodwendig 'n vraag na gehalte-onderrig wat op 'n gebalanseerde wyse die student toerus om sy/haar potensiaal te verwesenlik. Ons glo dat die "Blou Masjien" aan hierdie vereiste voldoen.

Hoërskool Randburg is die skool waar ELKEEN 'n STER is en elke dag verlig hierdie genade ons lewenspad. Elke aand gee dié sterre rigting in die ontelbaarheid van hul talente so reg uit ons Skepperhand.

Die skool se tradisies en geskiedenis staan bo verdenking met uitstaande prestasies deur leerders en oudleerders. Op die sportveld, verhoog en in die klaskamer lewer die skool jaarliks kwaliteitkandidate, wat sprekend is van die werk wat hier gedoen word.

By die skool is daar 'n wye verskeidenheid van aktiwiteite wat aan elke leerder die geleentheid gee om sy belangstelling en talente uit te bou. Hierdie aktiwiteite word onderskraag deur 'n hoë standaard van onderrig wat 'n intellektuele verruiming stimuleer wat ons kandidate op tersiêre vlak onderskei van ander.

Daar word gefokus op persoonsvorming wat leerders toerus om met onderskeiding die regte lewenskeuses te maak. 'n Hoë premie word geplaas op die waardegerigte norme wat Christenskap ons bied, om so die leerders se kwaliteite te koester en hulle met deernis tot sinvolle bydraers in ons gemeenskap te help ontwikkel.

Hoërskool Randburg is die "Blou Masjien" wat aan die Noorde van Johannesburg 'n bakermat vir Afrikaanse onderrig is. Hierdie masjien pols dinamies met die krag van sy talent. Vasgeanker in geloof is die ratte stewig in harmonie.

Hierdie Blou Masjien wat hoog bo die wolke uittroon, is vir vele oudleerders steeds die hartslag van hulle dink en doen.

Randburg is 'n leefwyse wat vorm, n paradigma wat rigting gee en 'n Alma Mater wat end-uit belangrik bly.

 

Nuusflitse

Gebruik gerus 083 918 3961 wanneer u van n selfoon die skool wil skakel.

Onthou asb. u gholfdag-inskrywying!

Leerders ontvang op 26/07/10:

Herinskrywingsvorms vir 2011

Kwartaalprogram

Toetsrooster:  Derde Kwartaal

 


 

Advertensie

Cinnamon & Orange
Cinnamon & Orange Pamper Basket
French Affair ™ Gift Basket
French Affair ™ Gift Basket
Lollipop Gift Basket ™
Lollipop Gift Basket ™
Springbokkie Gift Basket ™
Springbokkie Gift Basket ™
Chilli Snack Basket
Chilli Snack Basket
Mexican Fiesta
Mexican Fiesta
La Chef Gourmet Basket
La Chef Gourmet Basket
La Chef Petit Gourmet Basket
La Chef Petit Gourmet Basket


bottom.jpg