VOO VERDERE ONDERWYS EN ONLEIDING (FET)
Leerders wat die NSC FET suksesvol voltooi, ontvang aan die einde van graad 12, ‘n NSC Sertifikaat (National Senior Certificate).
Elke volledige kwalifikasie wat geregistreer is op vlak 4 van die NKR (Nasionale Kwalifikasie Raamwerk, NQF) word ‘n Further Education and Training Certificate (FETC) genoem.
Die doel van die FETC is om:
- leerders met kennis, vaardighede en waardes toe te rus om sinvol in die gemeenskap deel te neem.
- ‘n betroubare en geloofwaardige basis te vorm vir verdere toelating tot hoër onderwys.
- werkgewers ‘n realistiese profiel van die leerder se kennis, vaardighede en vermoë te gee.
Leerders moet met ‘n minimum kwalifikasie van 130 krediete op vlak 4 (50%) hê. Krediete kan nie oor ‘n tydperk van drie jaar versamel word nie.
| KOMPONENT | VAKKE |
KREDIETE | TOTAAL |
|
GROEP A (Verpligtend) |
|
2 x 20 = 40
20 20
10
|
70
|
| GROEP B |
Vakke gekies uit enige van die oorblywnede drie leerareas |
3 x 20 = 60 | 60 |
| TOTAAL |
Sewe Vakke |
130 |
Â
VEREISTES VAN FET SERTIFIKAAT
| VLAK | PUNT (%) | AANDUIDERS |
| 1 |
00 - 29 |
Ontoereikend |
| 2 | 30 - 39 |
Basies |
| 3 | 40 - 49 |
Matig |
| 4 | 50 - 59 |
Voldoende |
| 5 | 60 - 69 |
Beduidend |
| 6 | 70 - 79 |
Verdienstelik |
| 7 | 80 - 100 |
Uitmuntend |
Â
SLAAGVEREISTES VIR NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
- 40% in drie vakke waarvan een op Huistaal-vlak moet wees.
- 30% in ander 3 vakke
- 'n Leerder mag een vak druip, mits bewyse van portefeulje-werk en assessering beskikbaar is.
DIE VOLGENDE VAKKE WORD VOLGENS DIE KRITERIA BY HOËRSKOOL RANDBURG AANGEBIED
Daar moet minstens 15 leerders per vak wees voordat die vak aangebied kan word.
| GROEP A |
|
| Tale | Afrikaans Huistaal en English Home Language of English First Addisional Language |
| Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid | Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid |
| Lewensoriëntering | Lewensoriëntering |
| GROEP B |
|
| Kuns & Kultuur |
|
| Sake, Handel en Bestuurstudies en Dienste |
|
| Vervaardiging,Ingenieurs en Tegnologie |
|
| Menslike en Sosiale Studies en Tale |
|
|
Fisiese, Wiskundige, Rekenaar, Lewens - en
Landbouwetenskappe
|
|
Â
ADDISIONELE VAKKE (8ste en 9de vakke)
- Moet vir drie jaar geneem word (gr 10, 11 en 12)
- Alle interne assessering- en portefeulje-werk vir die 3 jaar gedoen.
- Toestemming van die Departement van Onderwys om die vakke te neem.
- Vakke word slegs aangebied indien daar genoeg belangstelling is.
- Word na-ure teen ekstra fooie aangebied.
Â
| Addisionele Vakke | Alpha Wiskunde Graad 11 en 12 |
| Besigheidstudies | |
| Advanced programme Maths (AP Maths) (IEB) kwartaal 3 en 4 van graad 9-jaar. | |
| Duits | |
| Ontwerp | |
| RTT | |
| Ekonomie |
|
| Musiek | |
| Ander soos daar belangstelling is |
Kontak Linda Lindeque of Lin Naude vir meer inligting.
VAKREGULASIES
WISKUNDE OF WISKUNDIGE GELETTERDHEID
- Twee verskillende vakke: Wiskundige Geletterdheid behels ’n praktiese toepassing van Wiskunde bv. rentekoerse, wisselkoerse, grafieke en statistieke.
- Wiskunde behels Algebra, Meetkunde, Trigonometrie en Analitiese Meetkunde.
BELANGRIKHEID VAN WISKUNDE
Wiskunde het ‘n belangrike komponent gevorm vir universiteitstoelating. Universiteite vereis oor die algemeen Wiskunde met ten minste ‘n toelatingspuntetelling van 4 (50 – 59%). Leerders moet dus seker maak van hul studierigting om sodoende die nodige toelatingspuntetelling te behaal.
- Wiskunde word vereis vir Fisiese Wetenskappe en IT.
- Wiskunde word sterk aanbeveel vir Ingenieursgrafika en -ontwerp en Rekeningkunde, mits die leerder in ’n relevante studieveld vêrder wil studeer.
- Wiskunde Vraestel 3 word aanbeveel en Alpha Wiskunde is ’n addisionele en nie ’n GDO-vak nie. Advance programme Maths is 'n IEB-vak.
ONTWERP
- Graad 10: As agtste vak, buite die rooster.
- Graad 11: As sewende vak, buite die rooster met die volgende vereistes
- Die leerder moet in graad 10 ’n gemiddeld van 70% vir Ontwerp handhaaf.
- Dit is steeds buite die rooster ’n na-uurse klas.
- Na-uurse fooie is steeds geldig.
- Slegs een periode per dag is op die rooster oop, waarin daar aan praktiese opdragte gewerk mag word.
ENGELS HUISTAAL
- Bogemiddelde prestasie op tweede taalvlak, ’n besondere passie vir Engelse Letterkunde.
- (60% in Graad 9 word as riglyn aanbeveel.)
- Engels as Huistaal word vir beursaansoeke aanbeveel.
- Engels Huistaal tel ’n groter gewig by bepaling van bv. Dux leerder en die aanwysing van die Nasionale Top Tien in graad 12.
Â
PORTEFEULJES
Portefeuljestukke word deurlopend vanaf graad 10 tot en met graad 12 ingehandig en geassesseer.
Â
SLAAGVEREISTES VIR VERDERE STUDIES
‘n Leerder moet sewe vakke slaag (vier vakke uit Groep A en drie vakke uit Groep B).
| DIPLOMA NSS en minstens 40% (3) in vier 20-kredietvakke. |
| GRAAD NSS en minstens 50% (4) in vier van die aangewese 20-kredietvakke. |
Aangewese Vakke: Besigheidstudies; Dramatiese Kunste; Ekonomie; Fisiese Wetenskappe; Geografie; Ingenieursgrafika en - ontwerp; Inligtingstegnologie; Lewenswetenskappe; Rekeningkunde; Tale (een taal van leer en onderrig soos by instansies vir hoër onderwys gebruik); Visuele Kunste; Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid; Duits en Musiek
Die volgende vakke is nie ingesluit nie: Rekenaartoepassingstegnologie, Ontwerp, Gasvryheidstudies en Siviele Tegnologie – die vakke tel wel vir toelatingspunte.
Let Wel: Lewensoriëntering is slegs ‘n 10-kredietvak. (Dus nie deel van die aangewese vakke nie.) Raadpleeg spesifieke tersiêre instansies se beleid rakende Lewensoriëntering.
Ten einde toelating tot ‘n spesifieke fakulteit en programme te verkry, word kombinasies van erkende NSS-vakke asook spesifieke vlakke van prestasie van voornemende studente vereis. In hierdie verband word die vasstelling van ‘n toelatingspuntetelling (TPT) en ‘n opsomming van die fakulteitspesifieke vereistes uiteengesit, dit wil sê die TPT per program, asook die spesifieke vakke wat per program vereis word. (Die TPT is die ou M-telling.)
Die TPT-telling word as volg bereken
| 80 - 100% 7 punte |
70 - 79% 6 punte |
60 - 69% 5 punte |
50 - 59% 4 punte |
| 40 - 49% 3 punte | 30 - 39% 2 punte |
0 - 29% 1 punt |




