Ons Waardes

sterhandreels

 

Die kind is ons kliënt en eerste prioriteit:

  • sy belang staan eerste
  • ons erken sy diversiteit
  • sy kreatiwiteit word aangemoedig
  • ons bewys en vereis respek in woord en daad

Christelike lewensbeginsels:

  • eerlikeid, integriteit en geloofwaardigheid
  • die liefdesgebod van ons Skepper stel 'n beginsel waarvolgens ons optrede gerig en gestuur word.

Verantwoordbare bestuur:

  • deelnemend
  • deursigtig
  • konsekewent

Werksetiek:

  • eienaarskap
  • bereid om te luister en te leer
  • "saak" is groter as die individu
  • persoonlike verantwoordelikheid beinvloed die omvang van spanwerk

Beginsels waarvolgens leerders hulself handhaaf

Tydigheid/Stiptelikheid

  • Skool begin 07:25
  • Sluit: Ma.-Do.: 14:00; Vry.: 13:00
  • Leerders moet betyds wees vir alle skoolaktiwiteite.
  • Laatkommers meld aan by die kantoor.

Verantwoordelikheid

  • Die leerder moet alle klasse bywoon.
  • Alle huiswerk word gedoen.
  • Alle toetse word geskryf: (slegs 'n mediese sertifikaat word aanvaar).
  • Buitemuurse aktiwiteite vereis pligsgetroue bywoning en getroue deelname.
  • Skoolreëls word nagekom.
  • Goeie orde word gehandhaaf.

Medemenslikheid

  • Tree op teenoor maats, onderwysers en besoekers binne norme van uiterste beskaafdheid en respek.
  • Ons erken en respekteer ons maats se prestasies.
  • Afknouery en bakleiery is nie deel van ons verwysingsraamwerk nie.

Fasiliteite

  • Die skool word behandel asof dit my huis is.
  • Vandalisme het geen plek in ons skool nie.
  • Ons hou ons terrein netjies en skoon.

Betrokkenheid

  • Daar word verwag dat elke leerder aan ten minste twee skoolaktiwiteite per jaar sal deelneem.

Lojaliteit

  • Ons is trots op ons skool want ons is trots op onsself.
  • Ons skool, sy drag, en sy beeld verdien die beste aansig na buite en binne.

My Liggaam

  • Ek beskerm myself teen rook, drank, dwelms en ander middels deur dit nie te gebruik nie. (Die skool laat dit nie toe nie.)  As my maats struikel, vermeld ek dit dadelik aan sodat hulle gehelp kan word.

My Skepper

  • Ek eerbiedig Hom en Sy Woord in alles wat ek elke dag doen en dink.