Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Tuisblad Algemeen Geskiedenis

Geskiedenis

E-pos Afdruk

Die skool ontstaan in 1965 met 161 leerders. Vandag is daar 'n duisend ingeskrewe leerders. Hoërskool Randburg is die grootste Afrikaans-medium skool in die noordelike voorstede van Johannesburg. Dit is 'n gevestigde skool met 'n trotse rekord van prestasies deur sy skoliere en oudleerders. Hoërskool Randburg streef na akademiese uitnemendheid. Hoë standaarde is ononderhandelbaar.

'n Aantal onderwysers is in diens van die Beheerliggaam om akademiese standaarde te versekeren klasgroottes te beperk. Die skool is trots op die uitmuntende akademiese prestasies wat oor die jare deur sy matrieks gelewer is, ongeag watter eksamen geskryf is. Hoërskool Randburg glo in die skoolmodel met sy driehoek van akademie, sport en kultuur ten einde die geleentheid vir elke leerder te bied om gebalanseerd tot sy/haar volle potensiaal te kan ontwikkel.

Ons is bekend vir ons sportprestasies en verskeie van ons leerders presteer jaarliks op nasionale en provinsiale vlak. 'n Sportburo met toegewyde afrigters verseker dat die skool 'n wye verskeidenheid sportgeleenthede aan elke leerder bied. Die skool het 'n ryk kultuurlewe en deelname vind plaas oor 'n wye spektrum. Uitstaande prestasies word behaal in koor-, spraakgilde- en redenaarsdeelname. Ons koor is gewild en blink uit waar hulle ookal optree. Verhoogproduksies word geken deur die uitstaande kwaliteit van ons eie talent.

 

Simbool
Simboliek
Die blou ster
Die strewe na kennis en hoop op die toekoms
Die geel gekruisde swaarde
Gereedheid en bereidheid om kennis met trots te verwerf
Die wit agtergrond
Om in vrede en reinheid deur kennis die hoogste doel van ons bestaan te bereik
Die rooi buitelyn
Fisiese en geestelike weerbaarheid en krag
Die leuse
 "Slaggereed" om altyd paraat te wees en tewerk vir die verkryging, behoud, toepassing en vermeerdering van kennis om die hoogste doel van ons bestaan te bereik
 

Advertensie

JoburgNorth.co.za

Hoërskool Randburg is on JoburgNorth.co.za - view them now!

  • Free Classified Ads
  • Forum Discussions
  • Business Directory
  • Online Radio


bottom.jpg