Â
Â
Â
Â
Die kind is ons kliënt en eerste prioriteit:
- sy belang staan eerste
- ons erken sy diversiteit
- sy kreatiwiteit word aangemoedig
- ons bewys en vereis respek in woord en daad
Christelike lewensbeginsels:
- eerlikeid, integriteit en geloofwaardigheid
- die liefdesgebod van ons Skepper stel 'n beginsel waarvolgens ons optrede gerig en gestuur word.
Verantwoordbare bestuur:
- deelnemend
- deursigtig
- konsekewent
Werksetiek:
- eienaarskap
- bereid om te luister en te leer
- "saak" is groter as die individu
- persoonlike verantwoordelikheid beinvloed die omvang van spanwerk
Beginsels waarvolgens leerders hulself handhaaf...
Tydigheid/Stiptelikheid
- Skool begin 07:45
- Sluit: Ma.-Do.: 14:00; Vry.: 13:00
- Leerders moet betyds wees vir alle skoolaktiwiteite.
- Laatkommers meld aan by die kantoor.
Verantwoordelikheid
- Die leerder moet alle klasse bywoon.
- Alle huiswerk word gedoen.
- Alle toetse word geskryf: (slegs 'n mediese sertifikaat word aanvaar).
- Buitemuurse aktiwiteite vereis pligsgetroue bywoning en "commitment".
- Skoolreëls word nagekom.
- Goeie orde word gehandhaaf.
Medemenslikheid
- Tree op teenoor maats, onderwysers en besoekers binne norme van uiterste beskaafdheid en respek.
- Ons erken en respekteer ons maats se prestasies.
- Afknouery en bakleiery is nie deel van ons verwysingsraamwerk nie.
Fasiliteite
- Die skool word behandel asof dit my huis is.
- Vandalisme het geen plek in ons skool nie.
- Ons hou ons terrein netjies en skoon.
Betrokkenheid
- Daar word verwag dat elke leerder aan ten minste twee skoolaktiwiteite per jaar sal deelneem.
Lojaliteit
- Ons is trots op ons skool want ons is trots op onsself.
- Ons skool, sy drag, en sy beeld verdien die beste aansig na buite en binne.
My Liggaam
- Ek beskerm myself teen rook, drank, dwelms en ander middels deur dit nie te gebruik nie. (Die skool laat dit nie toe nie - tydens skoolure of skoolfunksies nie.) As my maats struikel, vermeld ek dit dadelik sodat hulle gehelp kan word.
My Skepper
- Ek eerbiedig Hom en Sy Woord in alles wat ek elke dag doen en dink.




