Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Tuisblad

Privaatheidsbeleid

Dié verklaring verduidelik die privaatheidsbeleid wat Hoërskool Randburg ten opsigte van sy webruimtes volg.

Hoërskool Randburg behou die reg voor om enige tyd die bepalings en voorwaardes van hierdie privaatheidbeleid te wysig. Dis die verantwoordelikheid van die gebruiker om elke keer die wysignings na te gaan. Volgehoue gebruik van die webwerf nadat veranderinge aanlyn versend is, bevestig aanvaarding van hierdie beleid soos gewysig deur sodanige veranderinge.

Enige persoon, besigheid of entiteit word uitdruklik verbied om ongemagtigde toegang te verkry of te poog om ongemagtigde toegang te verkry tot enige blad op hierdie webtuiste, of om enige ongemagtigde, beskadigende of kwaadwillige kode op hierdie webtuiste aan te bring of om te poog om dit aan te bring.

Enige persoon wat enige ongemagtigde, beskadigende of kwaadwillige kode op hierdie webtuiste aanbring of probeer aanbring of poog om ongemagtigde toegang tot enige blad op hierdie webtuiste te verkry, sal krimineel aanspreeklik gehou word en indien Hoërskool Randburg enige skade of verlies ly, sal siviele skadevergoeding geëis word.

PERSOONLIKE INLIGTING
Oor die algemeen kan Hoërskool Randburg se webruimtes besoek word sonder om enige inligting persoonlike inligting te openbaar. In sekere gevalle mag inligting egter verlang word.

Die gebruiker mag kies om persoonlike inligting te gee, soos naam en adres of e-posadres wat ons, byvoorbeeld, mag nodig hê om te korrespondeer. Geen persoonlike inligting sal openbaargemaak word aan derde partye sonder die gebruiker se toestemming of deur middel van die behoorlike prosedure nie.

INLIGTINGSEKURITEIT EN KWALITEIT
Ons poog om die kwaliteit en integriteit van identifiseerbare persoonlike inligting te beskerm. Ons het die toepaslike tegniese en organisatoriese maatreëls geïmplementeer om inligting veilig, akkuraat, op datum, en volledig te help hou. Ons kan egter nie die sekuriteit van enige inligting wat intyds na ons versend word waarborg nie. Dit word op eie risiko gedoen.

Ons sal 'n besliste poging aanwend om so spoedig moontlik te reageer op versoeke om enige onjuisthede in persoonlike besonderhede reg te maak. Om dié onakkuraathede te verander, stuur asseblief die boodskap wat verkeerde persoonlike besonderhede bevat aan ons terug, asook die besonderhede van die veranderings wat verlang word.

INLIGTINGVERSAMELING
Om die webruimte te monitor en te verbeter, versamel ons ook sekere inligting oor die gebruiker en hoe die gebruiker die webruimte gebruik, insluitende besonderhede van rekenaar-beheerstelsel, die weergawe van die webleser, domeinnaam, en IP-adres (die IP-adres is 'n string nommers wat ons wys watter bediener gebruik word, maar nie identifiseer nie).

GEBRUIK VAN INLIGTING
Ho�rskool Randburg is daartoe verbind om inligting vertroulik te hou. Ons sal dit gebruik om die gebruiker se besoek te verpersoonlik en direk te kommunikeer.

DEEL VAN INLIGTING
Hoërskool Randburg verkoop, huur, of verhandel nie persoonlike besonderhede aan enige derde party nie.

VERSAMELING VAN INLIGTING DEUR ANDER PARTYE
Sekere adverteerders en webruimtes wat skakels op ons webruimte het, mag persoonlike inligting oor die gebuiker versamel wanneer die skakels gebruik word. Hoërskool Randburg beheer geensins die versameling van sulke inligting nie. Dié privaatheidsbeleid sluit nié die adverteerders en hul webruimtes in nie.

KOPPELING EN RAAMKOPIËRING
Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om met enige blad van hierdie webwerf, insluitende die tuisblad, te koppel sonder vooraf skriftelike goedkeuring van Hoërskool Randburg.

Enige persoon, besigheid, entiteit of webwerf word uitdruklik verbied om enige bladraam van hierdie webwerf, insluitende die tuisblad, op enige manier te kopieër sonder vooraf skriftelike goedgeuring van Hoërskool Randburg.

RISIKO & BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID
Die gebruiker gebruik hierdie webwerf en die inligting daarin geheel en al op eie risiko en die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikheid en risiko van verlies wat uit die gebruik daarvan voortspruit. Nóg Hoërskool Randburg, sy affiliasies, of hulle aandeelhouers, agente, konsultante of werknemers sal aanspreeklik wees vir enige skade hoegenaamd, insluitend, sonder beperking, enige direkte, indirekte, spesiale, toevallige, gevolglike of bestraffende skadevergoeding, hetsy in 'n aksie voortspruitend uit kontrak, wet, onregmatige daad of andersins, rakende die gebruik van, of onvermoë om hierdie webwerf of die inligting daarin vervat, te gebruik. Hierdie klousule is nie van toepassing op klousule 43(5) en (6) van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies nie.

Hoewel alle redelike stappe gedoen is om die akkuraatheid en veiligheid van die Hoërskool Randburg webwerf te verseker, word die produkte en dienste wat op hierdie webwerf geadverteer word op die gebruiker se eie risiko gebruik. Die gebruiker aanvaar volle verantwoordelikehid en risiko van enige besering, skade of verlies wat uit die gebruik daarvan voortspruit. Hoërskool Randburg sal nie aanspreeklik wees vir enige persoonlike of fisiese skade of verlies, hoe ookal veroorsaak, hetsy direk of indirek, voortspruitend uit die gebruik van die Hoërskool Randburg webwerf nie.

DEURLIKE-DATA
Ons versamel soms anonieme inligting van besoekers aan ons webruimtes om ons te help om beter kliëntediens te lewer. Ons hou byvoorbeeld 'n rekord van die domeine vanwaar mense ons besoek en ons meet ook die besoeker-aktiwiteit op Hoërskool Randburg se webruimte, maar ons doen dit op só 'n manier dat die inligting anoniem bly. Dié anonieme data is bekend as "deurklik-data". Hoërskool Randburg of sy analis-konsultante mag dié inligting gebruik om ons te help om beter kliëntediens te verskaf. Geliewe ons in kennis te stel indien daar enige beswaar teen die gebruik van die inligting is.

INTYDSE ADVERTERING
Hoërskool Randburg gebruik sekere maatskappye om ons te help om ons banieradvertensies en ander intydse kommunikasie te bedien. Dié maatskappy mag inligting oor kliënte versamel en gebruik om ons te help om vas te stel van watter aanbiedinge, promosies, en tipes advertering ons kliënte hou. Die inligting wat hulle versamel word kollektief aangebied en is daarom nie identifiseerbaar tot 'n spesifieke individu nie. As daar 'n bewaar is teen die gerbuik van die inligting deur hierdie maatskappye sal dit wardeer word indien ons in kennis gestel sal word.

VRYWARING
Hierdie webwerf en die inligting daarin vervat word verskaf "soos dit is" en Hoërskool Randburg maak geen uitdruklike of geïmpliseerde voorstellings of waarborge tov hiervan nie. Sonder om die omvang van die voorgaande in te kort:

Hoërskool Randburg waarborg nie dat die webwerf of inligting foutloos sal wees of aan enige spesifieke kriteria vir verrigting of gehalte sal voldoen nie. Hoërskool Randburg ontken uitdruklik alle geïmpliseerde waarborge, insluitend, sonder beperking, waarborge van verhandelbaarheid, titel, geskiktheid vir 'n spesifieke doel, nie-skending, aanpaspasbaarheid en akkuraatheid; en

hoewel Hoërskool Randburg redelike voorsorg getref het om die integriteit van hierdie webwerf en sy inhoud te verseker, word geen waarborg verskaf, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, dat enige lêers, afladings of toepassings beskikbaar via hierdie webwerf vry is van virusse, trojane, bomme, tydgrense of enige ander data of kode wat die vermoë het om die werking van die gebruiker se stelsel te korrupteer, beskadig of aan te tas.

Vrae omtrent dié verklaring

Enige vra omtrent dié verklaring kan aan Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien gerig word.
 
bottom.jpg