Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Tuisblad

Terme & Voorwaardes

GEBRUIK
Persone wat die Hoërskool Randburg webwerf gebruik aanvaar en onderwerp hulleself aan die bepalings en voorwaardes soos hieronder uiteengesit asook die privaatheidbeleid van Hoërskool Randburg.
Hierdie webwerf is slegs bedoel om die gebruiker van inligting oor Hoërskool Randburg en sy dienste te voorsien.
Hoërskool Randburg behou uitdruklik die reg voor om in sy algehele diskresie, enige kriteria of inligting in hierdie webwerf uiteengesit, sonder kennisgewing te verander of te wysig.

EIENAARSKAP EN KOPIEREG
Al die inhoud, handelsmerke en data op hierdie webwerf, insluitend maar nie beperk tot, sagteware, databassise, teks, grafika, ikone, hiperskakels, private inligting en ontwerpe, is die eiendom van of gelisensieer aan Hoërskool Randburg en word sodanig deur plaaslike en internasionale wetgewing en verdrae teen skending beskerm.
Alle regte wat nie uitdruklik toegestaan word nie, word voorbehou. Die kopiereg in alle inhoud, inligting, materiaal en logo's wat by Hoërskool Randburg gevestig is, sal by Hoërskool Randburg gevestig bly en geen reg, titel of belang in enige eiendom of inligting wat in hierdie webwerf vervat word, word aan jou toegestaan nie.

ELEKTRONIESE KOMMUNIKASIE
Deur hierdie webwerf te gebruik of elektronies met Hoërskool Randburg te kommunikeer, stem gebruikers in en erken hulle dat enige en alle ooreenkomste, kennisgewings, bekendmakings of enige ander kommunikasie, aan enige regsvereistes voldoen, insluitend maar nie beperk nie tot die vereiste dat sodanige kommunikasie "skriftelik" moet wees.

SKAKELS MET DERDEPARTY- WEBTUISTES
Hoërskool Randburg mag slegs gerieflikheidshalwe skakels aan die gebruiker verskaf en die insluiting van enige skakel impliseer nie dat Hoërskool Randburg sodanige webtuistes goedkeur nie.
Webtuistes of webbladsye waarmee geskakel word, is nie onderworpe aan die beheer van Hoërskool Randburg nie. Hoërskool Randburg sal nie direk of indirek op enige wyse verantwoordelik of aanspreeklik gehou word vir die inhoud van hierdie webtuiste nie, die gebruik van hierdie webtuiste nie, of die onvermoë om enige skakelwebtuistes of enige skakels in 'n skakelwebtuiste te gebruik of te besoek nie.

SKAKELS EN RAME
Enige derdeparty kan inskakel op hierdie webtuiste, met dien verstande dat sodanige skakel op die tuisblad van hierdie webtuiste gerig is. Enige persoon, besigheid, entiteit of webtuiste word uitdruklik verbied om te skakel met enige bladsy behalwe die tuisblad van hierdie webtuiste sonder om vooraf skriftelike goedkeuring van Hoërskool Randburg te verkry.
Enige persoon, besigheid, entiteit of webtuiste word uitdruklik verbied om enige bladsy op hierdie webtuiste, die tuisblad ingesluit, op hoegenaamd enige manier te raam sonder om vooraf skriftelike goedkeuring van Hoërskool Randburg te verkry.

VERANDERINGE EN WYSIGINGS
Hierdie webwerf mag dalk tegniese of ander onakkuraathede of tipografiese foute bevat. Veranderinge en wysigings word van tyd tot tyd aangebring in die inligting hierin en hierdie veranderinge sal in enige nuwe uitgawes van hierdie webwerf geïnkorporeer word. Hoërskool Randburg behou die reg voor om enige tyd verbeteringe en/of veranderinge op hierdie webwerf aan te bring.

Hoërskool Randburg behou die reg voor om sonder kennisgewing die pryse en koerse wat op hierdie webwerf gekwoteer word, te wysig.
 
bottom.jpg