Ek het gisteraand Viva la Musica by Hoerskool Monument bygewoon. Hoerskool Randburg was een van die gaste.
Ek wil net aan daardie afrigter en sy fantasiese kinders al die eer gee. Ek het nog nooit 'n koor so hoor sing nie. Dis mos nou SING daardie... Fantasties! Fantasties! Ek het julle vanoggend opgesoek op jul webtuiste en gaan kyk wanneer julle weer optree. Ek is van Krugersdorp en glo my sal om die wereld reis om julle net weer te hoor sing! 'n Belewenis soos nog nooit. Julle kan daardie Monnas ouens bietjie 'n les of twee leer!! Miskien moes julle eerder die aand vir ons afgesluit het, dit sou die "ultimate" hoogtepunt gewees het. Soos ons verdaag het gisteraand het ek talle mense hoor praat van HOERSKOOL RANDBURG se koor. Welgedaan vir julle.
Dankie en Groete.




