Hoërskool Randburg neem elke jaar deel aan die ATKV redenaarskompetisie.
Die missie van die kompetisie is:
- Die bevordering van gesproke Afrikaans by die skoolgaande jeug.
- Die ontwikkeling van leiers deur skoolgaande jeug voor te berei en te bemagtig vir openbare optrede wat daagliks in die samelewing plaasvind (groeps- en individuele gesprekke waar standpunt ingeneem moet word, vergaderings, vakkundige aanbiedings, geregshowe, ens.)
Die doelwitte is om die jeug te leer om:
- Aktueel betrokke te wees
- Onderskeidend/krities te luister en te lees
- Inligting te versamel, te analiseer en te sintetiseer
- Logiese, kreatiewe denke te ontwikkel
- Eie menings en argumente te formuleer
- Met selfvertroue ander mense tot hulle standpunt te oorreed
- Leierskapsvaardighede te ontwikkel
- Bogenoemde mettertyd sonder deeglike voorbereiding en hulp te kan doen
- Op die voete te kan dink en uit die vuis te kan reageer op ander se argumente
- Eties te leef
- Sportmangees en kompetisievaardigheid te ontwikkel




