Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Tuisblad Kultuur Spraakgilde/Speech Guild

Spraakgilde/Speech Guild

E-pos Afdruk

AFRIKAANSE SPRAAKGILDE

Die spraakgilde is 'n vorm van redenaars waar 'n groep, bestaande uit 4 leerders 'n saak oordink en beredeneer.  Dit bied die geleentheid om saam met jou maats op te tree.  Hierdie kompetisie word deur Beeld en ander media-instansie geborg.

 

Die onderwerpe is meesal filisofies van aard en gee die geleentheid vir elke leerder om sy/haar verbeelding vrye teuels te gee!

 

ENGELSE SPRAAKGILDE

Hoërskool Randburg se redenaars staan geen tree terug vir hulle Engelse opponente nie. Ons neem elke jaar aan die "South African Guild of Speech and Drama Teachers" se spraakkompetisie deel. Jaar na jaar behaal ons spanne top simbole en word gereeld as wenners aangewys, bv. ons graad 12-span het verlede jaar n A++ behaal.

Hierdie jaar het ons 'n rekord van 10 spanne (van 4 lede elk) in die ope-afdeling ingeskryf. In die elite-afdeling het ons aan die "Individual Speaker Event" en die "Trophe Team" deelgeneem. Hierdie sprekers is inderdaad ongelooflike ambassadeurs vir ons skool. Hulle lyk netjies en staan dikwels kop en skouers bo die ander uit.   Bykans sonder uitsondering kry hulle komplimente van ouers en ander skole.

A++ = 96-100%
A+ = 91-95%
A = 86-90%
B+ = 80-85%
B = 75-79%

 

Advertensie

JoburgNorth.co.za

Hoërskool Randburg is on JoburgNorth.co.za - view them now!

  • Free Classified Ads
  • Forum Discussions
  • Business Directory
  • Online Radio


bottom.jpg