Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek het ongeveer 200 leerders en 4 permanente en 4 deeltydse personeellede.
As Magneetskool het ons drie satellietskole wat uitreikskole is. Leerders van verskeie Afrikaanse en Engelse Skole ontvang onderrig by ons.
'n Verskeidenheid van instrumente word aangebied naamlik: klavier, ligte klavier, blokfluit, fluit, sang, viool en tjello. Onderrig is van hoogstaande gehalte. Ons fooie is billik en bekostigbaar.Â
By Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek, poog ons om alle leerders so veel moontlik blootstelling te gee en elkeen volgens sy eie behoeftes te laat ontwikkel. Daar word gereeld konserte gehou waartydens alle leerders die geleentheid het om op te tree.
Leerders word vir UNISA eksamens ingeskryf en tree gereeld by die Eisteddfod op. Besondere prestasies word dan ook in dié verband gelewer. Gedurende 2008 skryf ons 22 leerders vir 'n praktiese instrument in, waarvan 9 lof (80%+) en die res eervolle vermelding (70%+) ontvang het. Die teorie uitslae is ook van besondere hoë standaard. 37 leerders word ingeskryf waarvan 29 lof ontvang en 7 op UNISA se ererol van uitblinkers vir musiekteorie verskyn. Vir hierdie prestasie moes 'n leerder bo 90% behaal het.
Ons spog ook met 'n leerder wat die Hennie Joubert Merieteprys vir Graad 3 ontvang het, met 'n totaal van 197/200! Hiermee word die derde plek landswyd behaal.
Ons is ook baie opgewonde oor die feit dat vakmusiek weer herleef! Dit is binne almal se bereik, met 'n verskeidenheid instrumente en tipes musiek.
'n Baie positiewe ervaring is die groot aantal Hoërskool-leerders wat musiek begin neem het. Om musiekgeletterd te wees is om 'n nuwe en verrykende dimensie aan jou lewe te gee.
36 leerders vir verskillende items word vir die Eisteddfod ingeskryf. 33 diplomas en 26 goue sertifikate word verower. 6 van ons leerders word as pryswenners in verskillende kategorieë aangewys.
Aan die einde van die jaar het ons 'n prestige prysuitdeling, waar daar aan hierdie puik prestasies erkenning gegee word.
Al ons personeel is musikante in eie reg en tree dikwels by openbare konserte en in die gemeenskap op.
Vir meer inligting kan u gerus (011)888-3536 skakel of e-pos:Â Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien



Musieksentrum
