Hoërskool Randburg se kernbesigheid is akademie, daarom die ontstaan van 'n unieke Sentrum vir Akademiese Uitnemendheid. (SAU)
Die SAU is 'n skoolgebaseerde ondersteuningspan wat bestaan uit 'n akademiese span (akademiese hoof, departementshoofde en graadvoogde) en die departement Opvoedkundige Leiding ('n opvoedkundige sielkundige). In hierdie sentrum word daar op samewerking tussen leerders, ouers, onderwysers, skoolhoof en ander kundiges gefokus om die behoeftes van die leerders, ouers en personeel op verskillende vlakke aan te spreek.
Die Sentrum bied die volgende:
-
Eksamenhulp - konsessies (ekstra tyd en amanuesis aansoeke by Departement van Onderwys).
- Studiemetodes en tydsbeplanning.
- Akademiese hulp aan onderpresteerders en druipelinge, asook berading.
- Assessering van leerders met leerhindernisse en skryf van akademiese plan.
- Hulpbronsentrum: verwysing na ander deskundiges.
- Effektiewe en omvattende voogstelsel wat alle personeel insluit, onderlê leerareaprobleme en is selfs proaktief in antisipasie van moontlike uitdagings.
- Gratis groepsklasse word deur die vakonderwysers by die skool aangebied.
-
Individuele en kleingroep ekstra klasse teen minder as die markverwante fooi is beskikbaar.
- Internetkafee met gratis internettoegang is na skool tot leerders se beskikking.
- Na-uurse hulp met groepstake.
- Bloktyd tydens eksamen en studie onder toesig vir die wat belangstel.
Vakbeleid
Hoërskool Randburg se vakbeleid is dat geen vaste vakpakkette aangebied word nie - elke leerder het die geleentheid om sy/haar unieke pakket saam te stel. Jy kies die vak waarvan jy hou en waarin jy wil presteer. Alle vakke wat aangebied word, stel die leerder in staat om met universiteitsvrystelling te slaag, mits die leerder se prestasie aan die vereiste voldoen.
Vakkeuseproses
Gratis psigometriese toetse in graad 8 (gereedheid), in graad 9 (vakkeuse) en in graad 11 (beroepsgerigte toetse) word afgeneem. Hierdie toetse sluit in: aanlegtoetse, persoonlikheidstoetse, belangstellingstoetse en n leervaardigheidsprofiel. Oueraande vir terugvoer van psigometriese toetse word jaarliks vir elke graad gehou.
ALPHA CENTAURI
Die projek fokus op potensiaalontwikkeling van leerders.
Daar word gepoog om blootstelling aan verrykende onderwerpe soos sterrekunde, forensiese werk, simfonie orkeste ens. te gee. Die doelwit is om nie net die leerders daarvan te vertel nie, maar om hulle aktief deel te maak en te laat leer deur ervaring. Enige leerder van enige ouderdom of skool is welkom om hierby aan te sluit.Alpha Centauri fotografieklub
Ons fokus hier om die fotografie vaardighede aan te leer terwyl ons pret het. Die klub ontmoet maandeliks onder leiding van me Corlia Tepper en 'n professionele fotograaf. Ons het ook maandelikse kompetisies waaraan die leerders kan deelneem en gaan kwartaaliks op ‘n uitstappie.
Alpha Centauri poog spesifiek om ouers van die gemeenskap meer in te lig en te bemagtig oor onderwerpe wat skoolkinders daagliks mee te doen kry. Ons hoop dat ons hierdeur ‘n meer ingeligte en pro-aktiewe gemeenskap kan skep. Ons gaan dit doen deur gemeenskaps-oueraande by die skool te hê waar kenners sal kom praat oor spesifieke onderwerpe. Weereens is enige iemand welkom om hierdie aande by te woon.
Alle projekte en datums sal in die Randjienuus verskyn.



Sentrum vir Akademiese Uitnemendheid
