Â
|
Hoërskool Randburg bied dogters- en seunshokkie vir sy leerders aan. Leerders vanaf graad 8 tot 12 neem in verskillende ouderdomsgroepe aan hierdie spansport deel. Dit leer 'n individu om deel te wees van 'n span en saam met sy/haar medespelers 'n sukses van hokkie te maak. Die dogtershokkie was nog altyd sterk en bly tussen die A- en B-liga van Gauteng kompeteer. Ons lewer ook jaarliks twee tot drie Gautengspelers. Die seunshokkie het die laaste twee jaar aansienlik in getalle gegroei, asook in hulle hokkie-ervaring met betrekking tot die nodige afrigting en kursusse. In 2004 is ons eerste Gautengspeler by die o/14-seuns opgelewer. Vanaf 2005 word 'n professionele afrigtingstrategie gevolg om hokkie aktief by Hoërskool Randburg te ontwikkel.  Twee Provinsiale spelers in 2011 : Charlotte Lisa en Vicky Shabangu  Die onder 14-dogterspan wen in 2011 hul liga en dring deur na die Noord-van-die-Vaal-Kompetisie  Seniorseunspan eindig derde in die Aitken- en Boden-toernooie. |
 |




