Hoërskool Randburg - Johannesburg, Suid-Afrika

 
  • Vergroot font
  • Verstek font grootte
  • Verklein font
Tuisblad Sport Landloop

Landloop

E-pos Afdruk

Landloop is 'n sport-aktiwiteit wat gedurende die wintermaande, vir alle leerders angebied word.  Daar word elke middag van 14:00 tot 15:00 geoefen en laerskoolleerders is ook welkom.

Gedurende die tweede kwartaal neem ons aan die Noordelike Distrikte Liga (Engelse liga) deel.

Die verskillende afdelings waaraan ons deelneem is:

Junior Dogters (onder 14- en onder 15-dogters)  -  4km

Junior Seuns (onder 14- en onder 15-seuns) - 4 km

Senior Dogters (onder 16-, onder 17- en onder 19-dogters) - 4km

Senior Seuns (onder 16-, onder17- en onder 19-seuns) - 8km

Die byeenkomste vind op Maandae en Vrydae op verskillende plekke plaas.  Na afloop van die vyf byeenkomste word daar 'n span, wat uit ses leerders bestaan, gekies om aan die Noordelike Distrik Kampioenskap deel te neem.

Daar is ook 'n spankompetisie.  Die top 3 spanne neem ook as 'n span aan die Distrik Kampioenskap deel.  Na afloop van die Noordelike Distrik Kampioenskap vind die Interdistrik Byeenkoms plaas.  Tydens hierdie byeenkoms ontvang die wenners medaljes en pryse.

D10-liga (Afrikaans)

Gedurende die derde termyn neem ons aan die Afrikaanse liga deel.  Daar is gewoonlik net een of twee byeenkomste waarna ses leerders gekies word om aan die Gauteng Kampioenskap deel te neem en later aan die Suid-Afrikaanse Landloop Kampioenskap.

 

Klub-liga

Daar is ook 'n groot groep atlete wat aan die klubkompetisies op Saterdae deelneem.

Direkteurstrofee - hoërskole

Ons beoog ook om hierdie jaar aan die Direkteurstrofee deel te neem.

 

Vorige uitslae

Interdistrike kampioenskappe

2010 :  Die volgende atlete word gekies om D10 te verteenwoordig:  Mauritz Tuit, Michelle Strydom, Madelein Louw en Karin Steinman.

Die juniorseuns neem ook as 'n span deel, nadat hulle gedurende die seisoen onder die top 3 skole geëindig het.

2011 spankompetisie

Die juniorseuns en -dogters wen hulle onderskeie afdelings en verteenwoordig die D10-distrik by die Interdistrike Kampioenskap, waar die dogters 'n eerste plek behaal.

Die volgende leerders word as individue gekies om aan die Interdistrikte Kampioenskap deel te neem:  Mauritz Tuit, Daniel Greeff, Michelle Strydom, Riaan vd Merwe, Tiaan Swarts, Larry Lombaard, André vd Merwe, Louise Coetzee, Jana vd Merwe, Carina Viljoen, Janine J v Rensburg en Louise Coetzee.

Tydens die wedloop behaal Mauritz Tuit 'n eerste plek, Michelle Strydom 'n derde plek en Carina Viljoen 'n derde plek.

Nasionale deelname:

2008  :  Michelle Strydom

2009  :  Michelle Strydom

2010  :  Michelle Strydom en Mauritz Tuit

Afrigter  :  Me Elize Viljoen

 

 

 

Advertensie

JoburgNorth.co.za

Hoërskool Randburg is on JoburgNorth.co.za - view them now!

  • Free Classified Ads
  • Forum Discussions
  • Business Directory
  • Online Radio


bottom.jpg