Skaak by Hoërskool Randburg is opwindend en uitdagend. Ons neem gedurende 2011 aan beide die junior en seniorligas deel. Om seker te maak dat ons leerders die nodige afrigting en stimulasie ontvang,is daar weekliks oefeninge onder leiding van Csongi Wasas. Skaak leer die leerders om strategies te dink, wat weer hulle akademiese prestasies verbeter.
Â
Die juniorliga van 2011 is reeds afgehandel. Ons het in die B-liga deelgeneem en eindig tweede uit 8 skole. Ons beste juniorspeler van die jaar is Kobus Engelbrecht. Kobus wen die Simon van Wyk trofee in die onder 16-ouderdom. Hy is ook genooi na die SA Junior Toernooi waar die top 16 spelers in die land in elke ouderdomsgroep meeding.
Â
Â




