Tafeltennis is 'n baie gewilde sportsoort by ons skool. Daar is baie leerders wat belangstel en slegs vir ontspanning speel. Ons het twee spanne wat aan die liga deelneem: 'n bo 15-span en 'n onder 15-span. Hoërskool Randburg maak van die dienste van 'n buite-afrigter, Uwe Hohl, gebruik en is die enigste Afrikaanse skool wat aan die liga deelneem.
Â
Â
Skole wat aan die liga deelneem is: King David Victory Park, King David Linksfield, KES, Hyde Park High, Yeshiva Kollege en Jeppy Boys High.
Â
Die onder 15-span het tot dusver al hul wedstryde gewen.




