Ons Skool
Welkom by Hoërskool Randburg se webtuiste!
Hoërskool Randburg het ‘n ryk geskiedenis en tradisie wat gekenmerk word deur uitstaande
prestasies deur beide leerders en oud-leerders. Die skool lewer op alle terreine uitstekende
resultate, nie alleen op akademiese gebied nie, maar ook op die sportveld en op die verhoog. Die
kwaliteit van die leerders wat die skool jaarliks oplewer, is beduidend van hoë gehalte werk,
bemoeienis en trots.