Graad 10 - 12

VERDERE ONDERWYS EN OPLEIDING - VOO (FET)

Leerders wat die NSC FET suksesvol  voltooi, ontvang aan die einde van graad 12, ‘n NSS Sertifikaat (Nasionale Senior Sertifikaat).

Elke volledige kwalifikasie wat geregistreer is op vlak 4 van die NKR (Nasionale Kwalifikasie Raamwerk, NQF) word ‘n "Further Education and Training Certificate" (FETC) genoem.

Die doel van die FETC is om:

  • leerders met kennis, vaardighede en waardes toe te rus om sinvol in die gemeenskap deel te neem;
  • ‘n betroubare en geloofwaardige basis te vorm vir verdere toelating tot hoër onderwys;
  • aan werkgewers ‘n realistiese profiel van die leerder se kennis, vaardighede en vermoë te gee.

Leerders moet met ‘n minimum kwalifikasie van 130 krediete op vlak 4 (50%) hê. Krediete kan nie oor ‘n tydperk van drie jaar versamel word nie.

KOMPONENT VAKKE KREDIETE TOTAAL

GROEP A

(Verpligtend)

  • Twee tale: een primêre taal en 'n eerste addisionele taal.
  • Wiskunde of Wiskunde Geletterdheid.
  • Lewensoriëntering
 
2 x 20 = 40
20
10


 
70
GROEP B Vakke gekies uit enige van die oorblywende drie leerareas 3 x 20 = 60 60
TOTAAL Sewe Vakke   130

 

VEREISTES VAN FET SERTIFIKAAT

VLAK PUNT (%) AANDUIDERS
 1  00 - 29  Ontoereikend
 2  30 - 39  Basies
 3  40 - 49  Matig
 4  50 - 59  Voldoende
 5  60 - 69  Beduidend
 6  70 - 79  Verdienstelik
 7  80 - 100  Uitmuntend

 

SLAAGVEREISTES VIR NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

  • 40% in drie vakke waarvan een op Huistaal-vlak moet wees.
  • 30% in ander 3 vakke
  • 'n Leerder mag een vak druip, mits bewyse van portefeuljewerk en assessering beskikbaar is.

 

DIE VOLGENDE VAKKE WORD VOLGENS DIE KRITERIA BY HOËRSKOOL RANDBURG AANGEBIED

Daar moet minstens 15 leerders per vak wees voordat die vak aangebied kan word.

GROEP A  
Tale Afrikaans Huistaal en
English Home Language of
English First Additional Language
Wiskunde en Wiskunde Geletterdheid Wiskunde of
Wiskunde Geletterdheid
Lewensoriëntering Lewensoriëntering
GROEP B  
Kuns & Kultuur
  • Ontwerp
  • Dramatiese Kunste
  • Musiek
  • Visuele Kunste
Sake, Handel en Bestuurstudies & Dienste
  • Rekeningkunde
  • Besigheidstudies
  • Ekonomie
  • Gasvryheidstudies
  • Toerisme
Vervaardiging, Ingenieurs en Tegnologie
  • Ingenieursgrafika en -ontwerp
Menslike & Sosiale Studies en Tale
  • Geografie
  • GEskiedenis (vanaf 2022)
Fisiese, Wiskundige, Rekenaar-, Lewens- en
Landbouwetenskappe
  • Rekenaartoepassingstegnologie
  • Inligtingstegnologie
  • Lewenswetenskappe
  • Fisiese Wetenskappe

 

ADDISIONELE VAKKE (8ste en 9de vakke)

  • Moet vir drie jaar geneem word (gr 10, 11 en 12)
  • Alle interne assessering en portefeulje-werk vir die drie jaar gedoen.
  • Toestemming van die Departement van Onderwys om die vakke te neem.
  • Vakke word slegs aangebied indien daar genoeg belangstelling is.
  • Word na-ure teen ekstra fooie aangebied.

 

Addisionele Vakke
Besigheidstudies
AdMaths
Ontwerp
RTT
Ekonomie
Musiek
Dans
Toerisme (vanaf 2022)
Ander, soos daar belangstelling is

Kontak Elize de Meillon, Grethe van Zyl of Ellenize Mans vir meer inligting.

VAKREGULASIES

WISKUNDE OF WISKUNDIGE GELETTERDHEID

  • Wiskundige Geletterdheid behels ’n praktiese toepassing van Wiskunde bv. rentekoerse, wisselkoerse, grafieke en statistieke.
  • Wiskunde behels Algebra, Meetkunde, Trigonometrie en Analitiese Meetkunde.

BELANGRIKHEID VAN WISKUNDE

Wiskunde het ‘n belangrike komponent gevorm vir universiteitstoelating. Universiteite vereis oor die algemeen Wiskunde vir die BCom en BSc studierigtings met ten minste ‘n toelatingspuntetelling van 4 (50 – 59%). Leerders moet dus seker maak van hul studierigting om sodoende die nodige toelatingspuntetelling te behaal.

  • Wiskunde word vereis vir Fisiese Wetenskappe en IT.
  • Wiskunde word sterk aanbeveel vir Rekeningkunde.

ENGELS HUISTAAL

  • Bogemiddelde prestasie op tweede taalvlak, ’n besondere passie vir Engelse Letterkunde.
  • (70% in Graad 9 word as riglyn aanbeveel.)
  • Engels Huistaal tel ’n groter gewig by bepaling van bv. Dux leerder en die aanwysing van die Nasionale Top Tien in graad 12.

 

SLAAGVEREISTES VIR VERDERE STUDIES

‘n Leerder moet sewe vakke slaag (vier vakke uit Groep A en drie vakke uit Groep B).

DIPLOMA NSS en minstens 40% (3) in vier 20-kredietvakke.
GRAAD NSS en minstens 50% (4) in vier van die 20-kredietvakke.

Let Wel: Lewensoriëntering is slegs ‘n 10-kredietvak. (Dus nie deel van die aangewese vakke nie.)  Raadpleeg spesifieke tersiêre instansies se beleid rakende Lewensoriëntering. 

Ten einde toelating tot ‘n spesifieke fakulteit en programme te verkry, word kombinasies van erkende NSS-vakke asook spesifieke vlakke van prestasie van voornemende studente vereis. In hierdie verband word die toelatingspuntetelling (TPT) en ‘n opsomming van die fakulteitspesifieke vereistes uiteengesit, dit wil sê die TPT per program, asook die spesifieke vakke wat per program vereis word. (Die TPT is die ou M-telling.)

Die TPT-telling word by meeste universiteite as volg bereken

80 - 100% 7 punte
70 - 79% 6 punte
60 - 69% 5 punte
50 - 59% 4 punte
40 - 49% 3 punte
30 - 39% 2 punte
30 - 39% 2 punte
0 - 29% 1 punt


Belangrik:
Die bereiking van minimum vereistes waarborg nie dat ‘n leerder tot enige program of studierigting toegelaat sal word nie.