Tuisblad

Hoërskool Randburg speel jaarliks in drie krieketseisoene (Januarie en Februarie, Julie tot September en Oktober en November). Dit beteken dat die spanne ten minste 25 wedstryde per jaar speel.

Die seisoen is as volg:

In die eerste en vierde kwartaal speel ons teen die tradisionele Engelse skole. In die derde kwartaal is dit die beurt van die top Afrikaanse skole soos byvoorbeeld Affies, Helpmekaar, Noordheuwel, ens. Al die bogenoemde wedstryde word oor ‘n volle dag gespeel, met ander woorde 50 beurte.

Gedurende die eerste en vierde kwartaal speel die Eerste-, Tweede-, 0/15- en 0/14- spanne ook in die Johnny Waite kompetisie.  Hierdie kompetisie word op Woensdagmiddae gespeel - dus 20 beurte.  Gedurende die Junie skoolvakansie toer ons Eerste- en 0/15-krieketspan na Hoërskool Merensky en ons 0/14-krieketspan toer na Penryn College in Nelspruit waar ons die wenners is van die Super over-kompetisie is.

Hoërskool Randburg spog met ‘n fantastiese binneshuise krieketfasiliteit wat op internasionale vlak is. Dié fasiliteit het ses nette waarvan twee nette vir ons boulmasjiene gebruik word. Ons beskik ook oor tien turfnette en drie turfblaaie.

Tot dusver het ons een Protea-speler opgelewer, nl. Zander de Bruyn.  Verder het ons elke jaar talle seuns wat na die provinsiale proewe deurdring en provinsiale kleure verwerf.

Hier by Hoërskool Randburg is ons bevoorreg dat ons afrigters elke kind soos ‘n ster hanteer en ons glo dat ons nie net goeie krieketspelers wil oplewer nie, maar ook goeie jong mans.