Koor

Die koor bestaan uit ongeveer 100 lede.  Die getalle wissel jaarliks.  Kooroefeninge vind op Dinsdagaande, vanaf 17:30 tot 21:00 in die Ouditorium by die Musiekmagneetskool plaas.

Ons nuut-aangestelde koorleier is Sabelo Mtembu, ‘n jong, dinamiese komponis, musikant, sanger en koorleier.   Elsa Nel is die koororganiseerder en kan by 083 271 7234 vir inligting gekontak word.  Ellenize Mans is die koorvoog en dien as skakel tussen die skool en die koor.  Daar word jaarliks ‘n koorkomitee, wat uit koorouers bestaan verkies.  Elke komiteelid is verantwoordelik vir ongeveer tien koorlede en hulle maak seker dat alle koorinligting by die koorouers uitkom.  Hierdie komitee werk baie hard en verstom almal elke jaar met hulle kreatiwiteit!  Die koor kies ook jaarliks hoofleiers, asook stemgroepleiers uit die koorlede, wat  allerhande takies verrig.  By elke kooroefening is daar ‘n heerlike snoepie, wat ook deur koorouers bedryf word.  Die koorlede wat direk van sportoefening af kom, hoef dus nie op n leë maag te probeer sing nie.

Program

Die koor reël drie maal per jaar ‘n groot konsert.  Koorlede verkoop kaartjies vir hierdie konserte.  Die koor staan finansieel op sy eie bene.  Die koorjaar strek van 1 Oktober tot 31 Augustus.  Oudisies vind in September, in die Ouditorium, ná skool plaas.  ‘n Oefenkamp word jaarliks vroeg in Desember gehou.  Die koor hanteer jaarliks een van die ATKV-streekuitdunne en is ook deurgaans by ‘n welsynsprojek betrokke.  In 2018 ontvang die koor ‘n goue sertifikaat by die ATKV-streekuitdunne en het die voorreg om ook aan die Wêreldspele deel te neem.

Ons noem die koor graag:  Hoërskool Randburg se Eerste Koorspan.

 

YouTube

Ons skoolkoor is nou op YouTube! Kliek op dié link:
youtu.be/QmB9jLBJmlE