Boekwinkelprosedures
HANDBOEKBESTELLINGS: GRAAD 8
Word direk aan voornemende Randjies se ouers/voogde gekommunikeer.
HANDBOEKBESTELLINGS: GRAAD 9 - 12
Elke graad het ‘n graad- en vakgebaseerde handboeklys wat die leerders elke jaar benodig. Hierdie handboeklys word elke jaar per Oueromsendbrief uitgestuur. Alle handboeke MOET voor die afsnydatum soos op die brief aangedui, op die Google-vorm bestel word. Verbruikbare items soos skrifte, lêers en skryfbehoeftes word nie deur die boekwinkel verskaf nie en kan by enige privaat leweransier aangekoop word. Die skryfbehoeftelys is op die d6 onder Bronne/Vorms beskikbaar.
Boekbestellings sal slegs geprosesseer kan word wanneer die volledige betaling vir die boeke ontvang is.
Die prosedure vir die uitreiking van handboeke word ook per Oueromsendbrief gekommunikeer. Indien ‘n leerder se boeke deur ‘n derde party afgehaal word, word ‘n toestemmingsbrief van die betrokke ouer/voog, ‘n afskrif van die leerder se geboortesertifikaat/identiteitsdokument en ‘n afskrif van die persoon se identiteitsdokument benodig.