Bergfietsry

Bergfietsry het tot ‘n erkende skoolsport by Hoërskool Randburg gegroei. Die skool gee ten volle erkenning aan leerders vir hulle prestasies.  Ons skool neem deel aan die Gauteng Hoërskool reeks. Die byeenkoms bestaan uit vyf cross country-formaat wedrenne wat by verskillende plekke in Gauteng plaasvind. Daar is ook ‘n nasionale finaal wedren waar verskillende provinsies se skole teen mekaar kompeteer.  Buiten die skole reeks oefen
die span op 'n gereelde basis saam. Ons span van bekwame ouers en afrigters help die ryers om hul fietsryvaardighede en tegniese aspekte van fietsry te verfyn.
 
Fietsry by Hoërskool Randburg bied aan enige leerder wat belangstel, ongeag jou ervaring, asook ernstige ryers die geleentheid om hulle sport te beoefen en hulle kennis van bergfietsry te verbreed.  

Die minimum toerusting waaroor die leerder moet beskik, is 'n bergfiets, 'n valhelm en 'n waterbottel en dan ook hope energie.  Aan die einde van die reeks word daar in elke ouderdomsgroep ‘n voorafbepaalde hoeveelheid leerders tot die Gauteng span verkies.  Dit word gebaseer op punte wat deur die
reeks behaal is.  Hierdie leerders neem dan oor 'n naweek in die Oktober-vakansie aan die interprovinsiale byeenkoms deel.  Die top vyf skole neem ook, per uitnodiging, aan dié byeenkoms deel.  Hoërskool Randburg kwalifiseer al die afgelope vier jaar om aan die interprovinsiale byeenkoms deel te neem en in 2025 het ons dogters span ook gekwalifiseer
 
Ons fietsryspan en hul ouers se groot toewyding en entoesiasme het die Randjies in staat gestel om die opwindende sport namens die skool te beoefen.  #Randjietrots!  
 
Kontak gerus vir mev. Ria Hoar ([email protected]) vir meer inligting.
 
Suksesstories:

Internasionale prestasies

- Jean Spies is ’n oud-Randjie-leerling wat Suid-Afrika in 2021 en 2024 in baanfietsry by die Olimpiese Spele verteenwoordig het.

- In 2026 het matrikulant Erik Breedt SA verteenwoordig by die Afrika-baankampioenskappe in Nigerië en ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord opgestel.

 

Nasionale prestasies

- In 2025 was Evan Naude die nasionale skolekampioen.

 

Gauteng skolespan en provinsiale kleure

- Daar is elke jaar leerders wat provinsiale kleure in verskillende dissiplines (XCO, XCC, baanfiets, padfiets) verwerf.

- Die volgende leerders het in 2022–2025 die Gauteng-skolespan gehaal: Gustav Roller, Jayden Naude, Evan Naude en Erik Breedt.

 

Ouderdomswenners en ander suksesstories

- Verskeie leerders was al ouderdomswenners by die Gauteng Cycle-Lab-reeks: Gustav Roller (2022), Evan Naude (2024, 2025) en Jayden Naude (2024, 2025 en 2026).

- Voordat dit die Cycle-Lab-skolereeks was, was dit die Spur-reeks. Sumien Botha, ’n oud-Randjie, is ’n Spur-reekslegende. In 2018 en 2019 was sy die voorloperdogter in haar ouderdomsgroepe.