Gholf
Hoërskool Randburg is baie opgewonde oor hoe die gholf die laaste paar jaar gegroei het. Daar is tans vyf spanne wat in die ligas speel en talle ander leerders wat, met die uitstekende afrigting wat aangebied word, by die spanne sal aansluit. Ons het hande gevat met Gets Golf (professionele afrigting) by Randpark Gholfbaan waar twee professionele gholfspelers een keer per week vir die leerders in drie groepe afrigting gee - dit is vir meer ervare spelers en die vir beginners. Dit is baie bekostigbaar.
Hoërskool Randburg speel in twee gholfligas waarvan een die Sentraal Gauteng Gholfliga is wat in die eerste en laaste kwartaal plaasvind. Die tweede liga is die Wesrand liga en gebeur in die derde kwartaal. Daar is gholftoernooie soos die Dainfern School Championship, Suncity en SteynCity toernooie. Per geleentheid is daar verdere moontlikhede om te speel op ’n vriendskaplike basis.
Hoërskool Randburg Gholf is ten doel om aan enige leerder wat belangstel die geleentheid te gee, ongeag jou ervaring, om te kom gholf speel.