Robotika
Robotikaklub
Hoërskool Randburg se Robotikaklub het in 2025 as ’n buitemuurse aktiwiteit begin en het sedertdien sterk gegroei. Met kundige afrigting en ondersteuning van Robotics League ontwikkel leerders hul vaardighede in kodering, robotontwerp, ingenieurswese, probleemoplossing en spanwerk deur praktiese uitdagings met LEGO-robotika, asook die kombinasie van LEGO- en 3D-gedrukte komponente vir meer gevorderde robotontwerp.
Wat is robotika?
Robotika kombineer kodering en ingenieurswese om robotte te ontwerp, bou en programmeer om spesifieke take uit te voer. Leerders leer om probleme stap vir stap op te los, idees te toets en hul oplossings voortdurend te verbeter.
Hoekom is robotika belangrik?
Robotika ontwikkel kritiese denke, rekenaardenke, kreatiwiteit, selfvertroue en spanwerk. Dit gee leerders ook praktiese blootstelling aan vaardighede wat waardevol is in tegnologie, sagtewareontwikkeling en ingenieurswese.
Wat bied Robotics League?
Robotics League bied praktiese robotika-opleiding met individuele aandag en leiding van passievolle, kundige afrigters. Leerders kry die geleentheid om hul kennis toe te pas, hul eie oplossings te ontwikkel en aan robotikakompetisies deel te neem.
Die klub neem aan die World Robot Olympiad (WRO) deel, waar hoërskoolleerders aan die volgende kompetisie-afdelings kan deelneem: Explorer Prime, RoboMission Junior en RoboMission Senior.
’n Besonderse hoogtepunt in 2026 was die prestasie van een van ons leerders, wie se RoboMission Senior-span ‘n tweede plek in Suid-Afrika behaal het. Die leerder is daarna gekies om Suid-Afrika by die internasionale WRO-eindronde in Puerto Rico te verteenwoordig.
Sluit by ons aan
Belangstellende leerders is welkom om die wêreld van robotika saam met ons te ontdek.
’n Maandelikse fooi is betaalbaar om deel van die Robotikaklub te wees.