Krieket

Hoërskool Randburg speel jaarliks in twee krieketseisoene (Januarie tot Februarie en Augustus tot November). Dit beteken dat die spanne ten minste 25 wedstryde per jaar speel.

Die seisoene verloop soos volg:
In die eerste en vierde kwartaal speel ons teen die tradisionele Engelse skole. In die derde kwartaal word vriendskaplike wedstryde gespeel. Die bogenoemde wedstryde word oor ‘n volle dag gespeel, met ander woorde 50 beurte of weeksdae wanneer T20-wedstryde gespeel word. In die vierde kwartaal speel ons spanne ook in die Johnny Waite-reeks (T20).

Hoërskool Randburg spog met ‘n fantastiese binnenshuise fasiliteit van internasionale standaard. Die fasiliteit beskik oor ses nette waarvan twee vir ons boulmasjiene gebruik word. Dit word dwarsdeur die jaar vir afseisoenoefening benut. Ons beskik ook oor tien turfnette en drie turfblaaie.

Tot dusver het ons een Protea-speler, Zander de Bruyn, opgelewer. Verder het ons elke jaar talle spelers wat na die provinsiale proewe deurdring en provinsiale kleure verwerf. 2026 is dus nie ‘n uitsondering nie.

Tydens die 2024/2025-seisoen spog Randjies met hul eerste volwaardige dogterskrieketspan afgerig deur Sunette Viljoen-Louw, voormalige Olimpiese atleet en Protea krieketspeler. Ons dogterskrieket het gegroei en ons het tans 2 dogterspanne wat in die liga deelneem.

Hoërskool Randburg stig in 2026 'n krieketakademie waar spelers proffesionele individuele afrigting ontvang.

Hier by Hoërskool Randburg is ons bevoorreg dat ons afrigters elke kind soos ‘n ster hanteer en ons glo dat ons nie net goeie krieketspelers wil oplewer nie, maar ook goeie jongmense.
 

Kontakpersoon: Francois Vosloo by [email protected]