SAU
SENTRUM VIR AKADEMIESE UITNEMENDHEID
Hoërskool Randburg se kernbesigheid is akademie; daarom die ontstaan van 'n unieke Sentrum vir Akademiese Uitnemendheid (SAU).
Die SAU is 'n skoolgebaseerde ondersteuningspan wat bestaan uit 'n akademiese span (adjunkhoofde, departementshoofde en graadvoogde), die departement Opvoedkundige Leiding - een opvoedkundige sielkundige, 'n terapeut en 'n psigometris. In hierdie sentrum word daar op samewerking tussen leerders, ouers, onderwysers, skoolhoof en ander kundiges gefokus om die behoeftes van die leerders, ouers en personeel op verskillende vlakke aan te spreek.
DIE SENTRUM BIED DIE VOLGENDE
Eksamenhulp - konsessies (ekstra tyd en amanuensis aansoeke by die Departement van Onderwys).
Studiemetodes en tydsbeplanning.
Akademiese leiding en ontwikkelingstrategieë aan toppresteerders.
Emosionele ondersteuning.
Akademiese hulp aan onderpresteerders en druipelinge, asook berading.
Assessering van leerders met leerhindernisse en skryf van akademiese plan.
Hulpbronsentrum: verwysing na ander deskundiges.
Effektiewe en omvattende voogstelsel wat alle personeel insluit, onderlê leerareaprobleme en is selfs proaktief in antisipering van moontlike uitdagings.
Gratis groepsklasse word, in sekere vakke, deur die vakonderwysers by die skool aangebied.
Individuele en kleingroep ekstra klasse, teen minder as die markverwante fooi, is beskikbaar.
Daar is 'n lokaal na skool tot leerders se beskikking - veilige omgewing waar leerders na skoolure, Maandae tot Donderdae vanaf 14:00 tot 16:00 kan werk.
Vakbeleid
Hoërskool Randburg se vakbeleid is dat geen vaste vakpakkette aangebied word nie - elke leerder het die geleentheid om sy/haar unieke pakket saam te stel. Jy kies die vak waarvan jy hou en waarin jy wil presteer. Die SAU lei leerders om vakkombinasies te kies wat vir hulle vrystelling kan gee.
Vakkeuseproses
Gratis psigometriese toetse sowel as 'n kwalitatiewe beroepsverkenningsproses word in graad 9 (vakkeuse) afgeneem. Oueraande vir terugvoer van psigometriese toetse word jaarliks gehou.
Akademiese fasiliteringsdiens
Geïntegreerde program tussen personeel en leerders om optimale geleenthede te bied ter voorbereiding van verdere studies na skool.
Bevordering van Universiteitsvrystelling en die hantering van navrae deur die loop van graad 10 tot 12.
Ondersteuning en leiding aan leerders ten einde hul algemene prestasie te verbeter.