Toets- en eksamenroosters
Toetse en eksamens is verpligtend op die voorgeskrewe datum soos op die toets- en eksamenroosters aangedui. Indien 'n leerder afwesig is van 'n toets of eksamen moet 'n geldige doktersbrief so gou moontlik by die SAU ingehandig word. Ouers moet verseker dat spesialisafsprake nie tydens toetse en eksamens geskeduleer word nie.