Registreerskakel
Randburg Alumni – Bly Deel van die Bloumasjien!
By Hoërskool Randburg glo ons dat ’n Randjie vir altyd ’n Randjie bly. Ons is opgewonde om nuwe en betekenisvolle maniere te skep om met ons oud-leerlinge te verbind, saam herinneringe te deel en die Bloumasjien-gees lewendig te hou.
Groot dinge lê vir ons Alumni-gemeenskap voor — van netwerkgeleenthede en reünies, tot betrokkenheid by projekte wat ’n positiewe verskil maak in ons skool en gemeenskap.
Hou hierdie spasie dop!
Ons sien uit daarna om met julle almal, ons trotse oud-Randjies, op hierdie nuwe reis te stap.