Drama

Hoekom is Drama ’n vak op skool?
•    Drama is Taal.
•    Drama is Geskiedenis.
•    Drama is Filosofie.
•    Drama is Sielkunde.
•    Drama is Wiskunde.
•    Drama is Wetenskap.
•    Drama is Biologie.
•    Drama is Liggaamlike Opvoeding.
•    Drama is Besigheid.
•    Drama is Tegnologie
•    Drama is Ekonomie.
•    Drama is Kuns.
•    Drama is Musiek.

Drama word op skool aangebied
•    Nie sodat jy ’n akteur moet word nie.
•    Nie sodat jy kan ontspan nie.
•    Nie sodat jy pret kan hê nie.

MAAR
•    Om jou Selfvertroue te ontwikkel.
•    Om jou Kreatiwiteit te ontwikkel.
•    Om jou te leer Dink.
•    Om vir jou Kommunikasievaardighede te leer.
•    Om vir jou Selfdissipline te leer.
•    Om jou te leer om in ’n Span saam te werk.
•    Om jou Leierskap te ontwikkel.
•    Om jou Empatie en Sensitiwiteit te leer. 
•    Om jou te leer van Liefde en Omgee en Goedheid.
•    Om jou te leer om Skoonheid raak te sien.

IN KORT
•    DRAMA LEER JOU VAN DIE LEWE EN OM TE LEWE.


By Hoërskool Randburg besef ons die waarde van drama – nie net as vak nie, maar ook as buitemuurse aktiwiteit.

Drama is ’n vak vir denkers en dié wat wil leer dink. Menige Matrikulant van die Jaar sowel as leeders met 8,9 en selfs 11 onderskeidings, neem Drama as vak. 

Die uitslae van die matrieks in Dramatiese Kunste is jaarliks buitengewoon goed - 'n bewys van die feit dat die leerders in die teorie sowel as prakties goed onderlê word.  Die hoogstaande gehalte van die praktiese werk word jaarliks lof toegeswaai by die matriekspogkonsert wat tydens die Kriewelfees aangebied word.   

Benewens die feit dat goed-gekwalifiseerde, toegewyde onderwysers die leerders deur die twee jaar van Kuns en Kultuur en die drie jaar van Dramatiese Kunste begelei, is die drama só 'n prioriteit by die skool dat Hoërskool Randburg een van die min skole is wat kan spog met 'n volledig-toegeruste klein teater - die BlouSter-teater is nie  net 'n klaskamer nie, maar ook geskik vir professionele produksies. 
 
Benewens die Kriewelfees, wat ook 'n Steraand insluit waar onder andere toneeltalent uitgestal word, is daar talle ander drama-aktiwiteite waaraan deelgeneem kan word.

Die tweejaarlikse produksie bied vele toneelspeelgeleenthede vir kinders van graad 8 tot 12.  Die nuutgeskrewe pantonimes wat oor die afgelope jare aangebied is, is besonder hoog aangeskryf.  Baie van die hoofrolle is deur dramaleerders vertolk.

Leerders wat jaarliks via dramastudio's aan verskeie Eisteddfods deelneem, behaal deurgaans uitstekende resultate.

Daar is ook 'n geleentheid om aan verskeie tienertoneelkompetisie deel te neem.  Nie net word alle leerders aangemoedig om deel te neem nie, maar daar word ook aan talentvolle leerders die geleentheid gebied om self tekste te skryf en te help met die regie.  Ons moedig ook ons leerders aan om aan nasionale en internasionale kompetisies deel te neem.

Menige oud-Randjies het al hul skrede na die professionele teater gewend en opleiding by verskeie tersiêre inrigtings ontvang.  Baie van hulle was al te sien in sepies soos Binnelanders en 7de-laan en deesdae ook Diepe Waters.

Hoërskool Randburg se drama-afdeling is beslis dié tuiste: 
•    vir 'n leerder met 'n talent, 
•    vir ’n leerder met ’n liefde vir drama en toneelspel 
•    vir iemand wat wil leer dink
•    of selfs net wil selfvertroue bou..