Eisteddfod

EISTEDDFOD EN KUSTEFEESTE

Verskeie Randjies neem jaarliks aan Eisteddfods en Kunswedstryde deel en behaal ongelooflike prestasies.

Die NEA, of die National Eisteddfod Academy, is een van die privaat organisasies waaraan jaarliks deelgeneem word.

In Maart word die beste presteerders van die kompetisie weer genooi om teen die bestes van die bestes by die Young Performers Showcase deel te neem.  Die wenners van hierdie uitdunne woon 'n luisterryke toekenningsaand by waar hulle die geleentheid kry om saam met die top kandidate op te tree.

Van ons leerders neem ook aan die Johannesburgse-, Sentraal-Gauteng, sowel as die Conspirito Eisteddfods deel en presteer puik. 

Alle uitslae van alle kompetisies en Eisteddfods word in ag geneem vir Kultuurkleure.