ICE
In Christ Empowered (ICE), voorheen bekend as CSV, is 'n geleentheid wat Hoërskool Randburg aan Randjies bied om hul geloof saam met ander te vier.
ICE vind elke Woensdag tydens tweede pouse plaas. Gedurende dié tyd, worship ons saam, leer meer van God se Woord, deel getuienisse, leer by jeugleiers van ons gemeenskap asook by mekaar. Ons spreek basiese Bybelse beginsels aan en kry raad oor hoe om moeilike hedendaagse uitdagings te hanteer.
Buiten dit, hou ons worship-aande! Ons hou een maal per kwartaal 'n aand van aanbidding, waarvan die Derby Worship-aand een is. Dit is altyd ongelooflik om te sien hoe soveel jongmense onder een Naam saamkom en die Here saam loof en prys!
ICE is besig om te groei en ons vertrou dat die Here groot goed in ons Randjies se harte gaan doen! Kom sluit elke Woensdag tydens tweede pouse in die Atrium by ons aan.
Enige iemand is welkom, of jy nou aan ‘n kerk behoort of nie en as jy enige lewensvrae het, sal ons jou met ope arms ontvang en saam met jou daaroor bid!