Koor

“Musiek voed die siel”

Die koor bestaan uit ongeveer 80 lede.  Kooroefeninge vind op Dinsdagaande vanaf 17:30 tot 20:00 in die Ouditorium by die Musiekmagneetskool plaas.

Ons dinamiese koorleier is Renette Bouwer en Madeleine Raubenheimer is die koororganiseerder wat alle administrasie en reëlings vir die koor hanteer. Kontak gerus vir Madeleine by 082 672 5397 vir meer inligting. 

Daar word jaarliks ’n koorkomitee wat uit koorouers bestaan, verkies.  Elke komiteelid is verantwoordelik vir ongeveer tien koorlede en hulle maak seker dat alle koorinligting by die koorouers uitkom.

Die koor reël drie maal per jaar ‘n groot konsert om sodoende fondse in te samel.  Die koor reël ook die ATKV-streeksuitdunne by die skool en staan finansieel op sy eie voete.

Oudisies om by die koor aan te sluit, vind in September vir die volgende jaar plaas. Sodra die “nuwe” koor gekies is, gaan ons vroeg in Desember op ’n lekker koorkamp.  Die gr 7’s wat hulle oudisies geslaag het, kamp dan saam.  Ons reël ook elke jaar ‘n opwindende toer in die Julievakansie.  Hierdie toer is gewoonlik een van ons hoogtepunte van die jaar.  Ons sluit die koorjaar vroeg in Oktober met ‘n gala-konsert en prysuitdeling af.  Ons neem ook tydens hierdie geleentheid afskeid van ons gr. 12’s. 

Kom sluit gerus by ons koor aan, jy sal nie spyt wees nie.

 “Musiek praat wanneer woorde niks meer kan sê nie.”