Laudem Dei
Randburg Kamerkoor
Laudem Dei (‘Prys God’) is ‘n koor vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat uit ongeveer 30 lede bestaan. Onder leiding van Laura de Waal beoog die koor om 'n liefde en waardering vir koorsang in huidige en toekomstige geslagte te inspireer.
Die repertoire bestaan uit Renaissance motette tot moderne Pentatonix-verwerkings.
Oefening vind Donderdae 18:00 – 20:00 in Hoërskool Randburg se Ouditorium plaas.
Vir meer inligting, kontak Laura by [email protected], of 083 325 7740.