Musiek Magneetskool

MAGNEETSKOOL VIR MUSIEK
Raak 'n universele taal magtig - word deel van 'n unieke musikale familie! 

Geleë op Hoërskool Randburg se perseel, is die skool se Magneetskool vir Musiek – ‘n musieksentrum wat al die laer- en hoërskole in die Randburg omgewing bedien.

By Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek is daar oneindige moontlikhede:
•    Die Magneetskool bestaan uit ses permanente GDO-personeellede wat uitstaande onderrig teen uiters bekostigbare fooie, in die volgende instrumente aanbied:  klavier, viool, blokfluit, fluit, tjello, sang, orrel, musiekproduksie, ensemble-werk en kitaar.
•    Musiek word as sewende vak gedurende skooltyd of as agtste vak in die middae aangebied.
•    Twee lesse per week word aangebied; een prakties (individueel) en een teorie (groepsverband).
•    Musiekteorie word van Voorgraad 1 tot Graad 6, en Gehooropleiding van Voorgraad 1 tot Graad 8, aangebied.
•    Leerders word vir UNISA, Trinity en ABRSM eksamens ingeskryf.  Ons spog met topprestasies en -toekennings in die land.
•    Konserte, prysuitdelings, kunswedstryde en vele meer is aktiwiteite waaraan ons leerders blootgestel word.
•    Ons onderwysers tree self gereeld op en kan by ons jaarlikse personeelkonsert in aksie gesien word.
•    Fooie per kwartaal vir 2026 (prakties, teorie en gehoor ingesluit) beloop:  

  • A1 R750.00 (30 minute)
  • A2 R1070.00 (45 minute) 
  • A3 R1395.00 (60 minute)
  • A4 R2035.00 (90 minute)
  • A5 R1745.00 (75 minute)

 

Musiek is nie net ‘n loopbaankeuse nie, dit bied ‘n leeftyd van vreugde en ontspanning.

Besoek ons Instagram en Facebook sosiale media bladsye vir meer inligting. 

Kontak ons gerus by [email protected] of skakel 011 888 3536.