Musiek Magneetskool
MAGNEETSKOOL VIR MUSIEK
Raak 'n universele taal magtig - word deel van 'n unieke musikale familie!
Geleë op Hoërskool Randburg se perseel, is die skool se Magneetskool vir Musiek – ‘n musieksentrum wat al die laer- en hoërskole in die Randburg omgewing bedien.
By Hoërskool Randburg se Magneetskool vir Musiek is daar oneindige moontlikhede:
• Die Magneetskool bestaan uit ses permanente GDO-personeellede wat uitstaande onderrig teen uiters bekostigbare fooie, in die volgende instrumente aanbied: klavier, viool, blokfluit, fluit, tjello, sang, orrel, musiekproduksie, ensemble-werk en kitaar.
• Musiek word as sewende vak gedurende skooltyd of as agtste vak in die middae aangebied.
• Twee lesse per week word aangebied; een prakties (individueel) en een teorie (groepsverband).
• Musiekteorie word van Voorgraad 1 tot Graad 6, en Gehooropleiding van Voorgraad 1 tot Graad 8, aangebied.
• Leerders word vir UNISA, Trinity en ABRSM eksamens ingeskryf. Ons spog met topprestasies en -toekennings in die land.
• Konserte, prysuitdelings, kunswedstryde en vele meer is aktiwiteite waaraan ons leerders blootgestel word.
• Ons onderwysers tree self gereeld op en kan by ons jaarlikse personeelkonsert in aksie gesien word.
• Fooie per kwartaal vir 2026 (prakties, teorie en gehoor ingesluit) beloop:
- A1 R750.00 (30 minute)
- A2 R1070.00 (45 minute)
- A3 R1395.00 (60 minute)
- A4 R2035.00 (90 minute)
- A5 R1745.00 (75 minute)
Musiek is nie net ‘n loopbaankeuse nie, dit bied ‘n leeftyd van vreugde en ontspanning.
Besoek ons Instagram en Facebook sosiale media bladsye vir meer inligting.
Kontak ons gerus by magneetskool@hsrandburg.co.za of skakel 011 888 3536.