Simfonie-orkes

Hierdie gemeenskapsorkes is in 2022 gestig en sluit leerders, onderwysers en lede van die Randjie-gemeenskap in.

Oefeninge vind Woensdae 18:00 – 20:00 in die Hoërskool Randburg Ouditorium o.l.v. Tim Robberts, ons bekwame dirigent, plaas.

Die orkes tree gereeld gedurende die jaar by verskeie geleenthede op en verskeie genres word aangeleer.

Almal wat ‘n orkesinstrument van minstens Graad 5-standaard bespeel is welkom om ons te kontak by [email protected] , of skakel 063 827 5591 (Robyn, organiseerder).