Uit die hoof se pen
"Hier op die Goudstad se rante, waar ons vaders het gebou, staan 'n skool waar ons werk en ons strewe, om ons erf'nis te behou."

'n Erf'nis van Afrikaans.
'n Erf'nis van Suid-Afrikaans.
'n Erf'nis van progressiewe innoverende denke.
'n Erf'nis van invloedryke burgerskap: mense wat 'n verskil wil maak en kan maak.
Hier in die Noorde van Johannesburg staan ons STER-skool getooi in koningsblou, 'n "Alma Mater", "ewig trou".
Die hart van Hoërskool Randburg setel in die hart van sy kinders. Die skool is wat sy mense elke dag van hom maak.
Ons storie is een van STERRE wat blink, party helder ander kleiner, maar elkeen só goed hy kan.
Verhoudinge dryf dié spandinamiek. Ons begin elke dag voor. Elke dag van heel Bo af - om beter te wees as wat ons gister was.
Hierdie skool is 'n vyf-jaar-lewensreis vir mense wat iewers heen op pad is.
Dit is 'n voorreg om te kan sê: "Ek is 'n Trotse Randjie!"
PIETER BOOYSEN