Finansies
Hoërskool Randburg is ‘n kwintiel vyf openbare skool. Skoolgelde is 'n statutêre verpligting wat jaarliks gehef word in 'n bedrag soos deur die beheerliggaam vasgestel en deur die meerderheid van ouers by 'n algemene jaarvergadering aanvaar.
Deur ‘n leerder by Hoërskool Randburg in te skryf, aanvaar beide biologiese ouers of rekeningpligtige wat die leerder inskryf, onherroepelik aanspreeklikheid in terme van toepaslike wetgewing vir die betaling van skoolgelde, tensy vrystelling verleen word.
Korting, onderhewig aan sekere voorwaardes, word in sommige gevalle toegestaan.
Ouers of wettige sorggewers wat aanvoer dat hulle nie in staat is om skoolgelde te betaal nie en daarom op algehele of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld aanspraak maak, moet voor of op 28 Februarie formeel by die Beheerliggaam aansoek doen om die algehele of gedeeltelike vrystelling van skoolgelde.