Geskiedenis

Op 17 Januarie 1966 open die deure van Ferndalese Hoërskool met 163 leerlinge.  Mnr J.A. van Zyl was die skoolhoof.  In dieselfde jaar is die naam van die skool na Randburgse Hoërskool verander.

1970 sien die skool se eerste Matrieks met ‘n totale leerdertal van 847.  Mettertyd het die skool se naam weer verander, na Hoërskool Randburg.  Tydens 1970 (Oktober) is die skoolwapen ook amptelik by die Buro van Heraldick van Suid-Afrika geregistreer en word dieselfde wapen vandag nog gebruik (as dié van Hoërskool Randburg).

Die skoolgetalle groei jaarliks tot ‘n maksimum van 1280 in 1986.

Die prestasieprofiel van die skool verhoog jaarliks met die lewering van uitstaande sport-, kultuur- en akademiese prestasies.

Op ‘n stadium was die skool in vyf verskillende aktiwiteite die houer van die “Administrateursbeker”.

Mnr. van Zyl word in 1974 deur mnr. C.P. van Aardt opgevolg, waarna mnr. J.J. de Wet in 1980 as ons hoof aangestel word.  Mnr. M.J. Potgieter neem in 1987 oor, gevolg deur mnr. J.B. Grobler in 1990 en mnr. P. Booysen in 2000.

Deur die jare het die skool ‘n metamorfose ondergaan met verskeie verbeteringe en uitbouïng van bestaande fasiliteite:  ‘n musieksentrum, sportsentrum, pawiljoen, klubhuis, teater, die Educatio Atrium, ‘n dak oor die A-netbalbaan en die splinternuwe Astro-baan is gebou.

Vandag is daar net meer as 900 kinders in dié skool en is ons akademiese prestasie van die beste in die land (Addisionele Wiskunde – Toppresterende skool in SA 2023).  Op die verhoog is daar verskeie nasionale en internasionale prestasies.

Op die sportveld is daar ook verskeie nasionale en internasionale deelnemers en prestasies.

Randburg se visie beskryf die skool as “dié skool waar elkeen ‘n STER is”.  Elke leerder is belangrik en geleenthede vir deelname, ontwikkeling en prestasie word aangebied.

Randburg deel graag in die prestasies van oud-leerders, want ons glo die fondamente is by die skool gelê.