Atletiek
Hoërskool Randburg het ’n A- en ’n B-atletiekspan.
Ons neem elke jaar, buiten ander skoolbyeenkomste, aan die volgende byeenkomste deel waar ons telkemale bo ons opponente uitstyg:
• Noordheuwel Top 15
• AGN Top 10
• NWU-Pukke Top 30
• Elardus Erasmus Top 20
• TUT Superschools
As skool kompeteer ons teen net die beste atletiekskole in en om Gauteng.
Ons is in Groep 2 van die NWU-Pukke se Super Atletiekreeks.
Jaarliks is daar 30 tot 40 atlete wat kwalifiseer om aan die Gauteng Kampioenskap deel te neem. Hiervan is daar ook jaarliks groot getalle wat provinsiale kleure verwerf en ons skool op interprovinsiale vlak verteenwoordig.
Elke jaar het Randburg talle atlete wat die skool by die nasionale kampioenskappe verteenwoordig.
Hoërskool Randburg spog ook met twee atlete wat Suid-Afrika by die Jeug-wêreldspele in Cali verteenwoordig het.