Gholf

Hoërskool Randburg is baie opgewonde oor hoe die gholf die laaste paar jaar gegroei het. Daar is tans vier spanne wat in die ligas speel en talle ander leerders wat, met die uitstekende afrigting wat aangebied word, by die spanne sal aansluit. Ons het hande gevat met Gets Golf  (professionele afrigting) by Randpark Gholfbaan waar twee professionele gholfspelers een keer per week vir die leerders in twee groepe  afrigting gee - een vir die meer ervare spelers en die ander vir beginners. Dit is baie bekostigbaar. 

Hoërskool Randburg speel in twee gholfligas waarvan een die Sentraal Gauteng Gholfliga is wat in die eerste en laaste kwartaal plaasvind. Die tweede liga is die Wesrand liga en gebeur in die derde kwartaal. Daar is gholftoernooie soos die Dainfern School Championship waar ons ook ons top agt leerders inskryf. Per geleentheid is daar is verdere moontlikhede vir die speel van nege gaatjies op ’n vriendskaplike basis. 

Hoërskool Randburg Gholf is ten doel om aan enige leerder wat belangstel die geleentheid te gee, ongeag jou ervaring, om te kom gholf speel.