Hokkie

Hoërskool Randburg spog met 'n splinternuwe astro-baan en bied dogters- en seunshokkie vir sy leerders aan.  Vanaf graad 8 tot 12 neem leerders in verskillende ouderdomsgroepe aan hierdie spansport deel.  Ons het sewe dogters- en vier seunsspanne.  Seuns en dogters neem aan die D2/D12-ligas deel. 

Hokkieprestasies:

2022

o. 14-dogters D2/D12-ligawenners

o. 14, o. 15 en eerste span dogters Noordvaal Mediumskole-deelnemers

Eerste seunspan NWU PUK-reeks silwer medaljewenners

o. 15-dogters NWU PUK-reeks silwer medaljewenners.

2023

Dogters o. 14, o. 15, o. 16, tweede  en eerste span D2/D12-ligawenners.

Dogters o. 14, o. 15, o. 16 en eerste span Noordvaal Mediumskole-deelnemers.

2024

o. 15- , o. 16-  en eerste span dogters D2/D12-ligawenners

o. 14 seuns, o. 15-, o. 16- en eerste span dogters Noordvaal Mediumskole-deelnemers. o. 14 seuns eindig tiende, o. 15 dogters eindig tweede, o. 16 dogters dertiende en die eerste span dogters eerste. 

2025

Meisies:

o. 14 - Eindig 2de in Liga en kwalifiseer vir Noordvaal

o. 15 - Eindig 2de in die Liga en Kwalifiseer vir Noordvaal

o. 16 - Wen Liga en Kwalifiseer vir Noordvaal 

Eerste Span Dogters - Wen Liga en Kwalifiseer vir Noordvaal 

                                    - Eindig 2de by Noordvaal

                                    - Eindig 2de by Pullen Toernooi

(Ons B en 2de spanne het aan n vriendskaplike liga deelgeneem)

 

Seuns:

o. 14 - Eindig 3de in Liga en kwalifiseer vir Noordvaal

o. 15 - Wen Boden - C afdeling en kwalifiseer vir die B afdeling in 2026.

o. 16 - Eindig 5de in Liga. 

Eerste Span Seuns - Eindig 3de in Liga en Kwalifiseer vir Noordvaal

                                 - Eindig 3de by Noordvaal

(Ons B en 2de spanne het aan n vriendskaplike liga deelgeneem)

By Hoërskool Randburg word 'n professionele afrigtingstrategie gevolg, om hokkie aktief te ontwikkel. Daar word in die Maart/April vakansie ook hokkietoere vir alle A- en B-spanne aangebied.  Ons glo deur van 'n vroeë stadium die regte vaardighede en houding by leerders te kweek, ons 'n waardevolle bydrae tot die leerders se groei en ontwikkeling kan maak.

Oefening vind drie keer per week plaas en begin reeds in Februarie ter voorbereiding van vriendskaplike wedstryde.

Leerders wat daarin belangstel om hokkie te speel, kan mnr. Friedrich Birkenstock of mnr. John-Henry Horn kontak.

[email protected]

[email protected]