Landloop
Landloop is 'n sportaktiwiteit wat gedurende die wintermaande vir alle leerders aangebied word. Daar word Maandae tot Donderdae van 14:15 tot 15:15 en 16:30 tot 17:15 geoefen. Laerskoolleerders kan ons kontak indien hulle saam wil oefen.
Noordelike Distrikte-liga
Gedurende die tweede kwartaal neem Randburg aan die vriendskaplike Noordelike Distrikte-liga deel.
Die verskillende afdelings waarin ons deelneem, is:
Juniors (o. 14 en o. 15):
• Dogters - 4km
• Seuns - 4km
Seniors (o. 16 tot o. 19):
• Dogters - 4km
• Seuns - 6km
Die ligas vind op Maandae en Vrydae in ons omgewing plaas. Na afloop van die ses ligas word 'n span, wat uit die top 20 atlete in elke afdeling bestaan, gekies om aan die Inter-distrik Individuele Kampioenskap deel te neem.
Daar is ook 'n spankompetisie. Die top drie spanne, van ses atlete per ouderdom, neem aan die Inter-liga Spankampioenskap deel. Tydens hierdie byeenkoms ontvang die wenners medaljes en pryse.
D10-liga
Gedurende die derde kwartaal neem ons aan die formele Skole-liga deel. Daar is gewoonlik net een of twee byeenkomste waarna ses leerders per ouderdom (o. 14, o. 15, o. 16, o. 17 en o. 19) gekies word om aan die Gauteng Kampioenskap deel te neem. Tydens Gauteng kampioenskappe word die top ses atlete gekies om Gauteng Skoleby die Suid-Afrikaanse Skole-landloopkampioenskap te verteenwoordig .
Klubliga
Randburg is ernstig oor sy landloop en daarom het ons ‘n klub gestig sodat ons atlete ook aan die tweede en derde kwartaal se klublandloop kan deelneem. Dit bestaan gewoonlik uit vyf tot ses ligas, CGA Kampioenskappe en ASA SA Kampioenskappe.
Noordvaal
Randburg stuur elke jaar ‘n span wat uit ses juniors en ses seniors (dogters en seuns) bestaan om aan hierdie spankompetisie deel te neem. Ons hou ook ons jaarlikse landloopkamp vol pret tydens die Noordvaal-finaal.