Netbal

Netbal Skool van die jaar in JHB-Noord.

By Randburg-netbal fokus ons op die volgende vyf punte en ons beywer ons daarmee om in al hierdie aspekte ontwikkeling en groei te bevorder:

My God

My Gemeenskap

My Skool

My Span

Myself

 

Fasiliteite

Die skool beskik oor agt weerbestande netbalbane wat in 2020 opgeknap is en van spreiligte asook ‘n onderdak hoofbaan voorsien is.

Ons beskik ook oor ‘n netbalklubhuis.

Ons het ook kondisionering-spesifieke afrigters by die skool se gimnasium wat deskundiges is en by die kondisionering en rehabilitasie van spelers betrokke is.

 

Geleenthede wat ons bied:

 

Voorseisoen:

Alle Spelers (A-, B- en C-spanne) gaan op ‘n netbalkamp waar hulle vaardighede en spangees gebou word. 

Alle spanne speel verskeie vrienskaplike wedstryde en die A-spanne neem aan die gesogte Menlo-netbaltoernooi deel. 

Ons bied ons eie B- en C-span-toernooi aan.

 

Vanaf April tot einde Junie:

Speel in Jomo Liga.  Hier kom ons teen Hoërskool Monument, Hoërskool Noordheuwel, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Linden, Rand Park High School, Krugersdorp High School en Hoërskool Florida te staan.

 

Gauteng kampioenskappe asook SA-kampioenskappe word by Hoërskool Randburg aangebied.

.

Augustus:

"Fast 5".  Die hele Johannesburg-streek neem deel en provinsiale wedstryde vind teen die Pretoria-streek plaas.

 

September tot November:

Afseisoenprogram waar vaardigheidsontwikkeling voorkeur geniet.

Eerste span en onder 15-toernooi by Cornwall Hill College.