Robotika en E-Sport

Robotikaklub

Hoërskool Randburg het in 2025 met ‘n Robotikaklub as ‘n buitemuurse aktiwiteit begin.  Ons werk saam met die Robotics League-span vir kundige afrigting. Ons geniet dit om te sien hoe
hierdie klub groei en die leerlinge se vaardighede ontwikkel. 

Wat is Robotika?  In Robotika leer kinders vaardighede aan in kodering, ingenieurswese, probleemoplossing en spanwerk; gekombineer met baie pret deur lego-robotkarretjies te bou en dit met kodering sekere opdragte te laat uitvoer. 

Hoekom is Robotika belangrik?  Robotika verbeter probleemoplossing, bevorder rekenaardenke, kreatiwiteit, selfvertroue en digitale geletterdheid by kinders.

Wat bied Robotics League?  Robotics League bied een-tot-een interaksie met die robot-infrastruktuur en passievolle onderwysers wat individuele aandag aan leerders verskaf. 
Robotics League skryf jaarliks spanne in om aan die WRO (
World Robotics Olimpiade) deel te neem en een van hulle spanne was in 2024 die nasionale wenners van die jaarlikse WRO-kompetisie.

Daar is ‘n bekostigbare maandelikse koste om deel van die Robotikaklub te kan wees.

E-Sport

E-sport staan vir "electronic sport" en word gebruik om enige kompeterende videospeletjie te beskryf.  Daar is wêreldwyd verskeie professionele e-sport-spelers, kommentators en
bekendes.  Dit is vinnig besig om tradisionele sportsoorte, in terme van prysgeld en kyksyfers, verby te steek.

Hoërskool Randburg werk saam met ‘n Robotics League e-sport buite-afrigter vir kwaliteit afrigting.  Daar is verskeie platforms waar ons leerders kompeterend in die e-sport-skoolliga
kan deelneem.  Mind Sport South Africa besluit op die spesifieke speletjies wat in die skoolliga gespeel word en ons hou baie streng by die betrokke ouderdomsbeperkings van elke speletjie.  Voorbeelde van populêre titels wat ons speel, sluit in video console speletjies soos Fortnite; selfoonspeletjies soos Clash Royale of rekenaarspeletjies soos League of
Legends
,
Overwatch en CS:GO (16+). 

Die toerusting wat spelers vir die sport benodig, is 'n video console of ‘n selfoon of rekenaar om op te speel en goeie internettoegang sodat hulle tuis saam met hul spanmaats en afrigter kan oefen en wedstryde kan speel.  Vir rekenaarspeletjies is 'n headset en gaming mousepad noodsaaklik.  

Let Wel:  Daar is 'n maandelikse fooi betaalbaar, wat afrigting sowel as inskrywings vir kompetisies insluit.