Rugby

Hoërskool Randburg se rugby het 'n besondere dinamika waar ontwikkeling en prestasie op gelyke voet staan. Ons glo in die ware ontwikkeling van elke belangstellende speler.  Die prestasie berus nie slegs op die individu nie, maar ook in spanverband.

By Hoërskool Randburg word dit as norm aanvaar dat elke speler gekondisioneer en ontwikkel moet word om sy volle potensiaal te bereik. Elke speler is 'n ster in sy eie reg en ons, as skool, wil dit so helder as moontlik laat skyn.

Wat bied Hoërskool Randburg aan sy rugbyspelers?

  • Gekwalifiseerde afrigting (ten minste drie keer per week)
  • Gimnasium en Cross Fit
  • Kondisioneringstoetse
  • Gratis vervoer na wedstryde binne 100 km radius
  • Spesialisafrigting, deur gekwalifiseerde personeel, wanneer daar 'n behoefte ontstaan
  • Sterk skoolverteenwoordiging op provinsiale keurders- en afrigtings-panele 
  • Sterk kompeterende vriendskaplike wedstryde as voorbereiding vir die liga
  • Jaarlikse toere en toernooie gedurende die Maart / April vakansie wat insluit :
  • o. 16 Jeppe Toernooi
  • o. 14 Parktown Toernooi
  • o. 18 St John's Paastoernooi
  • Bergsig toernooi
  • Sewes toernooie