Skyfskiet
Hoërskool Randburg skiet ook, net soos met al die ander aktiwiteite, 100% in die kol.
Skyfskietafrigting word by die skool by die Randjies se eie skietbaan op die terrein aangebied. Afrigting geskied volgens die riglyne van SANSSU (South African National School Shooters Union) in luggeweer- en lugpistoolskyfskiet.
In 2024 het tien Randjieskuts vir die jaarlikse SA-kampioenskappe gekwalifiseer en al tien van hulle het SA-kleure verwerf. Die Randjies het ook die geleentheid om tot die Nasionale Uitnodigingspan verkies te word wat elke jaar aan 'n internasionale skietkompetisie in Engeland deelneem. Toegewyde afrigters lei die skuts met intensiewe afrigting en volgehoue oefening tot prestasie op die hoogste vlak.
Kontak vir Michael Nel by 081 573 5220 vir afrigting in die luggeweerafdeling en vir Jo-Anne van der Westhuizen by 083 604 1000 vir afrigting in lugpistoolskiet of stuur 'n e-pos aan [email protected].