Swem
Swem is ’n belangrike deel van die sportprogram by Hoërskool Randburg en ons is trots op die gees en toewyding van ons swemspan. Ons bied leerders die geleentheid om aan ’n aktiewe en ondersteunende swemprogram deel te neem.
Gedurende die eerste kwartaal neem ons op Donderdae aan verskeie swemgalas deel en in die vierde kwartaal fokus ons op aflos-galas – ook op Donderdae. Ons verteenwoordig ook die skool met trots by die jaarlikse Interhoër-gala.
Swemoefeninge vind voor skool in die oggende en ná skool in die middae, onder leiding van toegewyde Randjie-onderwysers, plaas.
Alle leerders wat belangstel om by die swemspan aan te sluit, is welkom om by me. Olivia Campbell aan te meld. Kom duik in – ons sien uit daarna om saam met jou te swem!