Tafeltennis

Welkom by die tafeltennis van Hoërskool Randburg. Die organiseerder, afrigter en spelers sien baie uit na die komende seisoen.

Belangrike inligting vir die jaar

•    Ligabepalings sal deurgegee word sodra dit beskikbaar is.
•    Daar is twee spanne wat aan die liga deelneem - 'n bo15-span en 'n onder 15-span.
•    Ons is die enigste Afrikaanse skool wat aan die liga deelneem.
•    Die ander skole is Hyde Park, Jeppe Boys, KES, KD Linksfield, KD Victory Park, Yeshiva College, Hirsch Lyons en Radley College.
•    Die tafeltennisseisoen begin in Februarie en eindig in Junie.
•    Die oefentye is op Maandae en Donderdae vanaf 17:30 tot 19:30 in die LO-saal.
•    Die amptelike wedstryddrag is 'n Randjie-kortbroek/-ondersteunersbroek en die ondersteunershemp.  Netjiese, wit kouse en tekkies word gedra.
•    Toekennings vir die beste junior- en die beste seniorspeler van die jaar word jaarliks by die prysuitdeling gegee.