Tennis
Hoërskool Randburg beskik oor ses tennisbane.
Die seuns-tennisligas vind tydens die eerste, derde en vierde kwartaal plaas.
Hoërskool Randburg het drie seunsspanne wat in die liga speel. Die A- en B-span speel hulle wedstryde op Vrydae en die C-span speel op Maandae.
Gedurende die eerste en derde kwartaal is daar twee dogtersligaspanne en hulle wedstryde word op Dinsdae gespeel.
Die A-span (seuns) neem elke jaar aan die Senior Tennis Interhoër deel en ons top vier onder 15-seuns, aan die Junior Interhoër.
Gedurende die jaar neem Randburg aan die volgende toernooie deel:
- ATKV Buffelspoort Tennistoernooi
- Bethlehem Voortrekker Hoërskole-tennistoernooi
- Hilton/St Anne's Dubbels Uitnodigingstoernooi
Afrigting word deur Merisa Steyn behartig en vind op Dinsdag- en Woensdagoggende plaas.
Vir verdere inligting, asook leerders wat sou belangstel om deel van Randburg se tennisspanne te word, kontak Me. Sanmarie de Kock.