Graad 8 - Inligtingsboek

Tydens die graad 8-oriënteringskamp word daar geleentheid geskep vir elke voornemende Randjie om die skool, personeel en mekaar te leer ken.  Daar word van kreatiewe en inklusiewe maniere gebruik gemaak om te verseker dat elke graad 8-leerder maklik by ons inskakel en vinnig leer wat dit is om ‘n regte Randjie te wees.  Die oriënteringsprogram sluit af met ‘n groentjiekonsert, wat elke jaar vir die hele skool ‘n groot hoogtepunt is en ‘n Randjiefiseringseremonie, waar elke graad 8-leerder deur die res van die Randjie-sterre by ons sterrehemel verwelkom word.